Local NewsNews

VGKSA Westenburg se bobaas potjiekosmakers beïndruk

'n Heerlike aroma het onlangs in Westenburg se lug gehang soos die inwoners geskarrel het om hulle hoenderpotjies voor te berei vir die VGKSA Westenburggemeente se potjiekoskompetitisie.

POLOKWANE – Die kerk het hierdie geleentheid gebruik as ‘n geldinsamelingsprojek en oud en jonk het hande gevat om hulle kookvernuf op die proef te stel. Die kompetisie was onder die ses wyke van die gemeente gehou, en party van die kleiner wyke het saamgesmelt tydens die kompetisie om die gesogte pryse los te slaan. Elke wyk moes hulle eie bestanddele voorsien met hoender as die primêre bestanddeel. Wyk 5 en 6, met Shanaaz Harmse as kok, is as wenners gekroon vir hulle heerlike soet-suur hoenderpot.

Punte is gegee vir aroma, tekstuur, smaak, bestanddele, voorlegging en gees. Volgens die beoordelaars was elke pot uniek en dit was pret om elke gereg te proe. Hulle raad aan al die deelnemers was om ‘n balans te handhaaf met speserye en ook om seker te maak groente word saam in een pot gekook en nie apart nie. Terwyl die potte besig was om te prut het die kinders hulleself op die springkasteel geniet, en die volwassenes het om die dominoes-tafel gekuier.

Slide 1 |

Steward Harmse en Andrew Kemp saam met Shanaaz en Colin Harmse geniet die dominoes tafel by die VGKSA Westenburg potjiekoskompetisie.
Slide 2 |

Ds. Jacques Beukes oorhandig die trofee aan Shanaaz Harmse wenner van die VGKSA Westenburg potjiekoskompetisie.
Slide 3 |

Die kinders geniet hulself op die springkasteel. Regs: Ds. Jacques Beukes oorhandig die trofee aan Shanaaz Harmse wenner van die VGKSA Westenburg potjiekoskompetisie.

    Ds. Jacques Beukes sê om die kompetisie interessant te hou het hulle juis op hoender besluit. Volgens hom is hoender moeilik om perfek in ‘n potjie voor te berei en dit vat goeie vernuf om as die bobaaskok gekroon te word aan die einde van die dag. Beukes voeg by dit is ook goedkoper as ander vleissoorte en daarom het die kerk dit goedgedink om dit die hoofbestanddeel te maak.

    Slide 1 |

    Sherozane Losper skil die groete vir hul hoenderpotjiekos.
    Slide 2 |

    Steward Harmse geniet ‘n potjie dominoes terwyl hy wag vir die kos om voorberei te word.
    Slide 3 |

      “Die kompetisie was nie net ‘n geldinsamelingsprojek nie, maar ook ‘n geleentheid om mekaar beter te leer ken en lekker saam te kuier as familie in Christus. Natuurlik was dit lekker om ‘n heerlike bord kos saam te geniet. Ons sê dankie aan almal wat ons deur die dag ondersteun het en vir al die wyke wat deelgeneem het. Hulle het hulle A-game gebring en dit was nie maklik om ‘n wenner te kies nie met die aangename geure, smaak en hoe hulle die borde voorgesit het nie. Almal het hulle taak puik voltooi, maar ongelukkig kon daar net een wenner wees,” vertel Beukes.

      Hy voeg by dat die kerk ‘n gemeentebraai in September beplan en nooi almal uit om deel te neem.

      For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

      At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

      Support local journalism

      Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

      Related Articles

      Back to top button