Local News

Martin Bester kuier in Polokwane

Martin bester, omroeper by Jacaranda FM en bekende sanger, was Vrydagaand by Cheerz Pub & Grill te sien waar hy sy gehoor behoorlik vermaak het.

POLOKWANE – Martin Bester en sy musiekgroep was verlede Vrydagaand in Polokwane waar hulle by Cheerz Pub & Grill opgetree het.

Johann du Toit was ook deel van die aand se verrigtinge.

Afgesien daarvan dat die elektrisiteit die gaste in die steek gelaat het, het dit kort voor die vertoning aangekom en kon die aand seepglad verloop.

Martin is ook bekend as omroeper van The Martin Bester Show op Jacaranda FM.

Anel Jansen van Vuuren, een van die gaste, sê die optrede was baie goed en hulle het die aand geniet.

“Dit was baie lekker om na die opvoering te kyk.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button