Local News

Mnr. en Mej. Oosskool meer as net ‘n skoonheidskompetisie

Ter voorbereiding vir die groot aand, het die finaliste in hulle groepe aan liefdadigheidswerk deelgeneem om 'n verskil in die gemeenskap te maak.

POLOKWANE – Mnr. en Mej. Oosskool is meer as net ‘n skoonheidskompetisie.

In werklikheid gaan dit glad nie oor skoonheid nie, maar skep eerder ‘n platform wat die Osies kan gebruik om liefdadigheidswerk te doen.

Drie maande gelede is daar leerders van Oosskool gekies om aan Mnr. en Mej. Oosskool deel te neem.

Nadat hulle gekies is, is daar onderhoude gehou en liefdadigheidsinstansies is aan hulle toegeken.

Elke instansie het drie finaliste gehad.

Schalk Eager, Leané Briers en Suhandri Smit het Tough Living with Cancer (TLC)-saal by Pietersburg Provinsiale Hospitaal gekry.

Hier het hulle met die kinders gaan speel, vir hulle bak-en-brou-projekte aangebied en saam met hulle geverf.

Daar is ‘n behoefte vir ‘n klok by die saal wat deur die kinders wat hulle behandeling voltooi het, gelui kan word.

Dié drie finaliste het gesorg dat die wens ‘n werklikheid word.

Natalie Moreira, Jacus de Bruyn en Morné Smit is by Ngwana Babahuis ingedeel.

Hulle het ‘n ekstra speelterrein vir die babas geskep met speelgoed wat uit bande gemaak is.

Hulle het ook ander speelgoed vir die kinders geskenk en die mure met helder kleure geverf.

Daar is ook kunsgras ingesit sodat die kinders daarop kan speel.

Sien ook: FOTO’S: Osies haal uit en wys vir gesogte titel

Joré Benade, Suné du Preez en Lehan Roets se projek was SAVF Martha Hofmeyr waar hulle vinnig geleer het bejaardes soek net liefde.

Hulle het ‘n koek-en-tee-dag gehou vir die inwoners, saam met hulle kolwyntjies versier, na hulle stories geluister en ‘n noodsaaklike bederfpakkie aan elke inwoner uitgedeel.

Jamie-Lee Scott, Moné Lessing en Gideon Manders het die kleuters en personeel van Klein Begin Kleuterskool beter leer ken.

Hier het hulle gehelp kosmaak, skoonmaak, kinders voer en stories gelees.

Hulle het bakstene gekry om ‘n halfgeboude gebou te voltooi, ‘n groentetuin begin en vrolike karakters op die mure geverf.

Hulle het verder ‘n klimraam ook aan die skool geskenk.

Corné van Rooijen, Danél Trytsman en Ingrid van den Berg was by Hoop vir Kinders.

Aangesien die kinders in die huise se identiteit geheim moet bly, kon die Osies hulle nie besoek nie.

Hulle het egter nie-bederfbare produkte, klere, skoonmaakmiddels en verf aan die instansie geskenk.

Andreas Kotze, Abegail Herman en Layla Eager se projek was Club21 en La Wiida.

Beide die skole sien om na kinders met gestremdhede en die finaliste het besluit om tyd saam met die kinders deur te bring asook hulle speelterrein op te knap.

Hulle het die sandput weer volgemaak, die swaaie reggemaak en kolwyntjies uitgedeel.

Nadat die finaliste vir die gehoor van hulle projekte vertel het, het hulle in meer formele drag op die loopplank geloop.

Hier het die beoordelaars vir elke finalis ‘n vraag gevra.

Terwyl die punte bymekaar getel is, het Tehilah Feldman ‘n balletvertoning gegee en Jan-Hendrik Boneschans het die gehoor vermaak my sy balletdans.

Net voor die wenners aangekondig is, is die projekwenner aangekondig.

Klein Begin Kleuterskool het ‘n kontantprys ontvang as wen-projek.

Mnr. en Mej. Oosskool wenners:

•Mnr. Oosskool: Andreas Kotze.

Mej. Oosskool: Jamie-Lee Scott.

Eerste prins: Gideon Manders.

Eerste prinses: Moné Lessing.

Tweede prins: Morné Smit.

Tweede prinses: Abegail Hermann.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button