Local News

Gr. R’e wys hulle besigheidsvernuf by markdag

Oosskool se gr. R-leerders het talle lekkernye en speletjies aangebied vir die res van die skool se leerders en personeel om te geniet.

POLOKWANE – Die gr. R-leerders van Oosskool het Vrydag die geleentheid gehad om hulle vernuf te wys tydens die skool se jaarlikse gr. R-markdag en sommer ‘n geldjie ook te maak.

Reeds vroeg in die week is daar al gebak en gebrou, lekkergoedpakkies gepak en versierings vir die stalletjies gemaak.

Vroeg Vrydagoggend is die stalletjies op die rugbyveld opgeslaan en spoedig kon die pret begin.

Vir die soettande was daar oliebolle, roomys en spookasem terwyl die kliënte wat meer van soutigheid hou kon kies tussen pizza en springmielies.

Daar was interessante speletjies soos om moertjies op mekaar te laat balanseer en resies te jaag met klein karretjies.

Kyle du Plessis het sy liefde vir jag ten toon gestel en ‘geweerpoeier’, ‘bok poo’ en jagplakkers verkoop.

Die paleontoloog Rieu van der Merwe het sement verkoop met dinosourusgeraamtes in.

Die mark is, soos altyd, ruim ondersteun deur gr. 1-7-leerders.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button