Local News

Help Meals on Wheels om kos op die tafel te hou die feesseisoen

Aangesien die kombuis vanaf 15 Desember tot 16 Januarie gesluit is, is daar gewoonlik geen skenkings of geld om sukkelende families te help nie.

POLOKWANE – Meals on Wheels Community Services Suid-Afrika (MOWCS) is ‘n humanitêre inisiatief wat daarna streef om verligting te bring aan ons land se kwesbare inwoners.

Hulle doen dit deur so ver as wat dit moontlik is, kos aan hierdie mense te verskaf, ongeag klas en kultuur.

Die Polokwanetak is reeds meer as 40 jaar in die gemeenskap bedrywig.

MOWCS verskaf aan die basiese behoeftes van die armstes, die kwesbares, gestremdes en bejaardes.

Hierdie mense het min of geen inkomste nie – nie ouderdomspensioen, ongeskiktheidspensioen, kindersorgtoelaes, ensovoorts nie.

Dit is ook ‘n vrou met kinders en/of weeskinders wat die hoof van die huishouding is.

Jolene Nel, bestuurder by MOWCS, het uitgereik na die gemeenskap waar sy graag hulp vir die organisasie vra.

“Ons wil graag kospakkies gedurende die feesseisoen aan die behoeftiges oorhandig sodat hulle ook ‘n geseënde tyd kan hê. Ons vra enige donasies wat ons kan help om kos aan die behoeftiges te gee. Ons voorsien 8 000 maaltye per maand aan Polokwane se mense.”

Aangesien die kombuis vanaf 15 Desember tot 16 Januarie gesluit is, is daar gewoonlik geen skenkings of geld nie.

Dus kan daar nie kospakkies versprei word nie.

Jolene benodig ook geld vir brandstof sodat sy elke Maandag en Donderdag brood, wat deur Pioneer Sasko geskenk word, kan aanry.

“Die donasies maak dit moontlik om armoede te beveg en aan die noodsaaklikhede van die lewe te voorsien. Oorweeg asseblief vandag om ‘n donasie te maak vir ons kospakkies vir Desember. Dit sal opreg waardeer word.”

Donasies kan op die volgende maniere gemaak word:

• Elektroniese fondsoorplasing (EFT).

• Maandelikse debietorder.

• Skenking van produkte (bederfbare en nie- bederfbare kos).

 

Bank besonderhede:

Rekening Naam: Pietersburg MOW

Rekening nommer: 1411208196

Bank: Nedbank

Takkode: 198765

Verwysing: Donasie

E-pos: pbgmowcs@gmail.com

 

Jolene kan slegs per WhatsApp gekontak word op 072 220 6228.

Marilyn Nortje kan by 084 405 4298 bereik word en Adele Sinden by 072 730 3387.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button