Local News

Vida Dança dansers sluit jaar op die planke af

Nie net het die talentvolle dansers hulle alles op die verhoog gelos nie, maar hulle was ook beloon met pryse en selfs 'n verrassing met hulle afsluiting.

POLOKWANE – Dansers van die Vida Dança Dansskool het hulle ouers, broers, susters en vriende onlangs vermaak deur die danse wat hulle deur die jaar geleer het op te voer.

Party dansers, soos Ruan Otto, het telkemale die gehoor na hulle asems laat snak met die gewaagde bewegings wat hy uitgevoer het.

Ander dansers, soos Zoë Galloway en Jenna-Maé Curtin het tydens hulle solo’s ‘n rustiger dans gelewer.

Die gehoor het vasgenael gesit en kyk hoe die dansers keer op keer hulle bewegings foutloos uitgevoer het.

Vir foto’s en videos, gaan kyk by: Vida Dança celebrates the end of 2022 with dance

Alhoewel almal gedink het die prysuitdeling is die hoogtepunt van die aand, het van die dansers se pa’s vir hulle ‘n verrassing gereël.

Weke voor die konsert het hierdie mans bymekaargekom en begin oefen om kompleet met hul tutu’s hulle eie dans op die planke gebring.

Die gehoor het geskater van die lag toe dié mans wys hulle kan ook dans.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button