Local News

Help só om behoeftige leerders met skryfbehoeftes te voorsien

Lylani Seitz by Solidariteit Helpende Hand sê sy het tans 105 leerders vir wie sy skryfbehoeftes insamel.

POLOKWANE – By elke winkel is daar hierdie tyd van die jaar spesiale aanbiedings op skryfbehoeftes.

Ouers maak dikwels hiervan gebruik om hulle kinders se pennesakkies aan te vul.

Soos die jaar vorder moet sekere items, soos penne en potlode, vervang word.

Ander items, soos ‘n skêr en liniaal behoort nie vervang te word nie, behalwe wanneer dit breek.

In vele huishoudings is nuwe skryfbehoeftes ‘n luuksheid, kos en klere is belangriker en dus het die kinders nie altyd die nodige penne en potlode nie.

By Solidariteit Helpende Hand poog hulle om skryfbehoeftes te voorsien aan leerders wat dit nie kan bekostig nie.

Lylani Seitz, verteenwoordiger van die Polokwanetak, sê sy het tans 105 leerders vir wie sy skryfbehoeftes insamel.

“Daar is laerskool- en hoërskoolleerders wat ‘n behoefte aan skryfbehoeftes het. Van penne en potlode tot kleurkryte en speelklei, afhangende van die kind se ouderdom.”

Lylani doen ‘n beroep op lesers om te help met die insameling van skryfbehoeftes.

“Wanneer jy vir jou kinders iets koop, koop net een ekstra wat jy dan kan skenk. Al het die skool reeds begin, kan ek steeds skenkings ontvang.”

Lesers wat wil bydra tot die projek kan vir Lylani skakel by 082 053 7084.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button