Local News

Lizz Meiring prikkel lagspiere in eenvrou vertoning

Lizz Meiring het onlangs gaste van N.G. Hulp en Hoop Gemeenskapskerk se leraarsdinee vermaak met haar eenmanverhoogstuk, Kameras, konserte en kleedkamers.

MOKOPANE – Aktrise, regisseur, teatervervaardiger, TV-aanbieder, seremoniemeester, spreker, kunsteaktivis, kreatiewe konsultant en skrywer is alles woorde wat gebruik word om die bekende en geliefde Afrikaans-sprekende aktrise, Lizz Meiring, te beskryf.

Hierdie vrou met haar vele talente het verlede Vrydagaand, gaste van N.G. Hulp en Hoop Gemeenskapskerk se leraarsdinee vermaak met haar eenmanverhoogstuk, Kameras, konserte en kleedkamers.

In hierdie klets en skerts-konsert het Lizz meer vertel van die bedrywighede op die verhoog, asook dit wat agter die skerms gebeur.

Kapelaan Dawie Kotze saam met Lizz Meiring tydens die leraarsdinee.

Die ver paaie wat gereis word, die vreemde kleedkamers, verhoë- en TV-stelle, die vreemde gedrag van die gehore, luisteraars, kykers en die bewonderaars. Sy vertel dat alles wat op die verhoog of op tv gebeur, net ‘n storie is wat vertel word.

Sosiale media het egter veroorsaak dat mense hulle eie stories opmaak en dit versprei op die internet.

Dit is waarom verskeie mense in ander se karakters inklim, en die giftige kommentaar wat hulle hoor, versprei. Hulle voel dit is hulle reg om hul eie opinie te lewer en dit is juis hier waar ‘n mens versigtig moet wees.

Lizz is net ‘n werkende kunstenaar wat haar brood en botter verdien deur te doen waarvoor sy reeds as klein dogtertjie geroep is, en dit is om mense te vermaak en sodoende hulle eie menslikheid te laat raaksien.

Daar word heerlik saam gekuier tydens die leraarsdinee.

Die inwoners het Lizz se vertoning baie geniet en lekker gelag oor haar sêgoed.

Na afloop van die vertoning het Lizz gemaklik tussen die tafels beweeg waar die inwoners aan die heerlike kos gesmul en verder saamgekuier het.

Ds. Jacques Erasmus bedank elke gasvrou wat gehelp het met die dek van die tafels, elke persoon wat gehelp het met die maak van die kos, en aan elke inwoner wat die leraarsdinee ondersteun het.

“Dankie ook aan Lizz Meiring en haar span wat gesorg het dat elke lagspier geprikkel word.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button