Oubaas-se-honne wen groot pryse by skou
Honde-eienaars het Saterdag die geleentheid gehad om met hulle beste vriende te spog tydens die Dalmada Fest Lucky Paws Hondeskou.
POLOKWANE – Elke honde-eienaar is oortuig daarvan dat sy of haar viervoetige vriend die mooiste, slimste en oulikste is.
Net soos met mensekinders, wil honde-ouers graag met hulle ‘kinders’ spog en wanneer die geleentheid hom voordoen, word die sterthare uitgekam, die oë skoon gevee en die toonnaels versorg.

Honde-eienaars het Saterdag die geleentheid gehad om met hulle beste vriende te spog tydens die Dalmada Fest Lucky Paws Hondeskou.

Die kategorieë waarin meegeding was, het die oulikste babahond, verstommendste opregte hond, asemrowendste gemengde ras hond en besgeklede hond ingesluit.
Deelnemende hondrasse het ingesluit boerbolle, worshonde en beagles.
Die Chinese Crescent is ook by die skou verteenwoordig en koning Mickey, die pekingese het seker gemaak hy word raakgesien. Bentley die collie het ‘n perfekte weerspieëling van Harry Potter uitgebeeld.

Die organiseerder van die hondeskou, Tania le Roux sê die inskrywings het al haar verwagtinge oortref.

“Dit is wonderlik om soveel mense en hulle honde by die skou te sien. Al die honde is baie oulik, en dit is voorwaar nie ‘n maklike taak om die bestes te kies nie.”
Tydens die beoordeling het die beoordelaars behoorlik kopgekrap.




