Local News

Beplan ‘n lip-lekker, bobaas Braaidag vir Erfenisdag

Polokwane Observer het met Michael Veldhuysen en sy swaer Francois du Plessis gesels oor watter items nodig is om ‘n braai suksesvol te maak.

POLOKWANE – Die uitdrukking ‘Nou gaan ons braai’ is seker een van die gewildste sêgoed onder Suid-Afrikaners deesdae.

Om te braai is vir sommige soos ‘n nasionale sport en iets wat hulle aand-na-aand kan doen sonder om te kla.

Dit is dan ook nie anders dat 24 September, wat ook Erfenisdag is, informeel as nasionale braaidag geëien word nie – ‘n dag waarop Suid-Afrikaners saamkom om om die vuur te kuier.

Alhoewel meeste van ons die basiese beginsels van braai ken, is daar elemente wat ons dalk nie ken nie.

Polokwane Observer het met Michael Veldhuysen en sy swaer Francois du Plessis gesels oor watter items nodig is om ‘n braai suksesvol te maak.

Michael en Francois, saam met Michael se vrou, Jenette, is die eienaars van The Braai and Gift Shop.

“Enige braai kort behoorlike hout en daarmee saam goeie vuuraansteker. Daar is verskeie soorte vuuraansteker op die mark en die regte vuuraansteker kan jou braai vergemaklik. Sorg dat jy die regte hout het, en dat dit nie nat is nie. Nat hout veroorsaak rook en jy gebruik dan meer vuuraansteker,” sê Michael.

Jacques voeg by dat ‘n ordentlike braaitang beslis jou braai komplimenteer ook.

“Jou rooster moet skoon wees en mense gebruik dikwels ‘n halwe uit, halwe suurlemoen of sommer koerantpapier om dit skoon te maak. Met die ui-krapper vergemaklik ons die proses. Jy kan die ui of suurlemoen in die ui-krapper sit en die rooster goed skoonmaak sonder om al die hare op jou voorarm af te skroei.”

Party mense gooi die speserye op die vleis voor dit op die rooster geplaas word, en ander wag dat dit eers ‘n minuut of so braai. Hierdie groep mense sal baat by ‘n speserygooier, waarmee hulle darem ‘n entjie van die vuur af kan staan en die vleis geurig maak.

Michael sê verder die rooster se hoogte is baie belangrik.

“Die hoogte bepaal hoeveel tyd jy spaar. As die hoogte reg is, braai jy vinnig. Ons vervaardig vlekvrye staalroosters wat baie makliker skoon maak. Dit hoef ook nie vervang te word nie.”

Elke selferkende braaier ken dan ook die braai-etiek – daardie dinge wat jy nié met ‘n ander mans se vuur of braaier doen nie.

Michael en Francois is dit eens dat jy net glad nie aan enige iemand anders se braai raak nie.

“Jy meng nie in met hulle wyse van braai nie, en jy krap beslis nie in hulle kole nie.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button