Local News

Hoë reenval vul damme, maar krane bly leeg

Die stad is grootliks afhanklik van water vanuit die Ebenezer en Dap Naudédamme.

POLOKWANE – November tot Maart is tradisioneel die stad en Limpopo se reënseisoen en hoewel dit verlede jaar vroeër aangebreek het en die damvlakke aansienlik gestyg het, het inwoners van die stad steeds gebuk gegaan onder droë krane en moes bakhand staan om hul houers by watertenkers wat deur die munisipaliteit ontplooi is, te vul.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens was Polokwane se reënval 112mm vir Desember, terwyl 286mm by Haenertsburg, 184mm by Towoomba buite Bela-Bela en 146mm by Gravelotte gemeet is. Alhoewel swaar reënbuie sporadies voorgekom het, dui die syfers wat verskaf is, nie daarop dat dit buitengewoon was nie.

Die stad is grootliks afhanklik van water vanuit die Ebenezer en Dap Naudédamme.

Die Ebenezerdam is 37 keer groter as Dap Naudédam, wat beteken dat eersgenoemde met net 3% water, steeds meer water bevat as Dap Naudédam.

Dié bronne word aangevul met water uit die stad se watersuiweringswerke en boorgate. Die stad se reservoirs kry egter nooit geleentheid om kapasiteit op te bou nie weens kragonderbrekings en operasionele probleme by die owerheid se massawatervoorsiener, Lepelle Northern Water.

Dele van die stad was gedurende die naweek droog weens kragonderbrekings wat die boorgate in die Sandrivier geraak het en inwoners van sekere hoogliggende gedeeltes in die stad kon weke laas hul krane oopdraai en is nou al radeloos.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button