Local NewsSchools

Aand van vele sterre vir PHS se Tellytubbies

Liewe Heksie en Jack Parow het nie veel in gemeen nie, maar die Plutogroep het besluit om vir Jack op die verhoog saam met hulle te hê.

POLOKWANE – Een van die gewildste items op Hoërskool Pietersburg se jaarlikse almanak is die Aand van die Sterretjies – die reeks vertonings waartydens die skool se nuutste toevoegings – die gr. 8’s – wys hoe gemaklik hulle reeds dié skoene volstaan.

Die gr. 8’s – oftewel vanjaar se TellyTubbies – is in vier groepe verdeel wat dan ‘n kort toneelstuk aanmekaarsit.

Vanjaar het die konsert gehandel rondom wat dit beteken om Trots Suid-Afrikaans én trotse Pieties te wees.

Elke groep se toneelstuk moes ‘n bekende Suid-Afrikaanse liedjie, met ‘n anderste soort genre, ‘n bekende ster en KykNetprogram insluit. Verder moes hulle ‘n waarde oordra en elke storie moes ‘n draaipunt hê.

Ceres, geklee in blou se bekende mens wat saam met hulle aan die program Hotel, gewerk het, was Radio Raps en hulle liedjie was Heidi in hard rock opgevoer. Hulle waarde was eerlikheid en die draaipunt, Amnesia.

Constella, in wit het die bekende Floose op die verhoog gehad vir ‘n episode van Hannon van Glam Guru waar Haasdas se Nuuskas in countrystyl gesing is. Die draaipunt hier was ‘n liefdesdriehoek met vriendelikheid as waarde.

In rooi het Proxima se leerders die verhoog, oftewel ‘n Binnelandersteater betree en Early A, B en C (Early B se broers) met Pinocchio wat met kletsrym gesing is, verwelkom. Met ‘n waarde soos omgee vir ander, kon die draaipunt nie anders as ‘evil twin’ wees nie.

Liewe Heksie en Jack Parow het nie veel in gemeen nie, maar die Plutogroep het besluit om vir Jack op die verhoog saam met hulle te hê en dan dié liedjie van Liewe Heksie in opera oor te dra. Dit alles terwyl hulle Koekie en Festus van Getroud met Rugby uitbeeld, met ‘n troue waar net mooi alles verkeerd loop. Sodoende het hulle ook die waarde van respek gedeel.

Aan die einde van die gala-aand is Proxima as wenner aangekondig.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button