Local News

Groen, goud verrassing vir Osie-hoof

Skoolhoof Gideon Pelzer het 'n spesiale verrassingsgeskenk gekry in die vorm van 'n besoek van sy gunsteling Springbok-speler, Bakkies Botha.

POLOKWANE – Oosskool se leerders het verlede Woensdag hulle groen, wit en oranje uniforms by die huis gelos en soos trotse Springbokke skool toe gegaan om skoolhoof Gideon Pelzer se verjaardag te vier.

Pelzer verjaar op 11 Mei en elke jaar word hy behoorlik bederf.

Hierdie jaar was die tema van sy partytjie ‘Springbokke’ en sy verrassinggeskenk was ‘n besoek van sy gunsteling Springbokspeler, Bakkies Botha.

Ten aanskou van die skool het Pelzer in ‘n Toyota Land Cruiser by die skool opgedaag waarna hy op die skrummasjien geklim het en van die rugbyspelers die masjien gestoot het.

Na luide toejuiging en applous, het stilte oor die rugbyveld geheers tot Bakkies Botha tussen die pawiljoene deurgestap gekom het.

Dit was beslis ‘n groot verrassing vir Pelzer en ongetwyfeld ‘n oomblik wat hy sal onthou.

Hierna het die hoofleiers ‘n paar rugbyverwante lewenslesse met die skool gedeel. Dit sluit in spanwerk, doelwitte, volharding, strategie en veerkragtigheid.

“As ons terugkyk op al die hoogtepunte en struikelblokke wat ons Osies al oorkom het, is dit duidelik dat Meneer nie net ‘n skoolhoof is nie, maar ‘n mentor, vriend, goeie rugbyafrigter en ‘n ware leier,” het Mila Veldman, onderhoofmeisie vir kultuur in haar toespraak opgemerk.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button