Local News

Pêrel-advies vir ma’s en dogters by Erica-tee

Ma‘s beteken baie vir hulle dogters, en dit is met hierdie boodskap wat Joleen Marx Saterdagoggend vir ma‘s en oumas van Erica Pre-Primêr toegerus het.

POLOKWANE – Kinders geniet teepartytjies en is mal daaroor as Ma of Pa saam tee drink – die tafel word gedek en op elke stoel is daar ‘n pop of sagte speelding.

Ma‘s beteken dikwels baie meer vir hulle dogters as wat hulle besef, en dit is met hierdie boodskap wat Joleen Marx Saterdagoggend vir ma‘s en dogters, en selfs oumas van Erica Pre-Primêr toegerus het.

Sy het begin deur aan haar gehoor te vertel van spesiale geskenke wat haar eie ma aan haar gegee het.

“Pêrels is duursaam en al is daar dinge wat jou seermaak, stap die Here altyd saam met jou. Dit neem soms dae of maande, selfs jare, maar daar sal iets mooi daarvan kom.”

Die volgende item is ‘n hangertjie met ‘n 1c waarop daar twee mossies is.

“Hierdie hangertjie herinner my aan Mattheus 10 waar Jesus sê ons is baie belangriker as die mossies. God weet presies hoeveel hare op ons kop is en daarom moet ons nie bang wees nie.”

Die derde item is blomme uit haar se ouma se Bybel, mooi gepars tussen die bladsye. “Hierdie is om ons te herinner hoe groot die skepping is en watter rol ons daarin speel.”

Vir die mammas in die gehoor het sy bemoedig deur te sê God laat al Sy beloftes waar word.

“Ons as mammas moet leer om meer as een bal in die lug te hou. Ons gee ‘n bietjie van ons vir alles wat ons doen. Ons raak ook oorweldig, maar die meeste van ons het iemand om te help as daardie balle begin val. ‘n Man, vriendin, ma of sussie wat kan help.”

Joleen herinner die ma’s dat hulle ‘n boodskap stuur aan hulle dogters van hoe ‘n mamma moet wees.

‘n Laaste boodskap aan die kinders van Joleen af: “Bly gelukkig bly, kinderlik opgewonde oor alles. Wees soos Rooikappie wat deur mense seer gemaak en om die bos gelei word, maar weet iemand sal altyd daar wees om jou te dra. Onthou van die mamma seekoei wat altyd haar kinders veilig sal hou, net soos jy veilig gehou sal word.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button