Local News

Nuwe akademiese hulpsentrum by PHS

Hoërskool Pietersburg se Akademiese Sentrum is Donderdag tydens 'n kort seremonie amptelik geopen.

POLOKWANE – Wat eens op ‘n tyd die blyplek van Hoërskool Pietersburg se landbouleerders se kuikens was, is nou kantore waar akademiese groei kan plaasvind.

Die Akademiese Sentrum is Donderdag amptelik geopen tydens ‘n kort seremonie.

Dié sentrum is die breinkind van Juanita Marx en Angeline Poole wat reeds 12 jaar daarvan droom om ‘n spesiale sentrum te hê waar konsessieleerders geakkommodeer kan word.

Adjunkhoof vir akademie, Zandria Howard, het die projek namens Marx en Poole gedryf.

Ouers is vrywillig deel van die proses waar hulle week vir week, konsessieleerders by die skool help.

Leerders moet ‘n geskiedenis van leerhindernisse hê om konsessiesessies by te woon, en deel van die program sluit lees- en skryfhulp in.

Daar word by die Departement van Onderwys aansoek gedoen vir leerders om van die program gebruik te maak en die program is goedgekeur deur die nasionale departement.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button