Local News

Goeie nuus vir jong Dezi van Huyssteen (10)

Dokters het Dezaray van Huyssteen aanvanklik met ‘n virus gediagnoseer en behandel en op 6 Januarie was daar vir die eerste keer positiewe nuus vir die gesin.

POLOKWANE -Dezaray van Huyssteen, beter bekend as Dezi, en haar ouers Basie en Makkie moes die afgelope drie jaar talle uitdagings oorkom.

Bosveld het voorheen berig dat die liefdevolle 10-jarige meisie, wat die stryd van nierversaking sedert 2022 voer, tans 12 ure per dag dialise ontvang terwyl daar gewag word op toetsuitslae.

Lees ook: Mokopane maak hande en beursies oop vir Dezi

Kristalle is gediagnoseer op Dezi se niere en as die probleem geneties is, kwalifiseer familielede nie as skenkers nie.

Op 6 Januarie was daar vir die eerste keer positiewe nuus vir die gesin.

“Die genetikatoetse het negatief gedui,” het Makkie bevestig, en gesê die gesin sien uit na die volgende stap, wat ‘n nieroorplanting is. Ek gaan my nier skenk, en die proses gaan sowat ‘n jaar duur met al die nodige toetse en om goedkeuring vanaf die mediese fonds te bekom.”

Lees ook: Dezi (9) het Mokopane se hulp nodig

Die gesin is steeds dankbaar teenoor die gemeenskap en besighede wat hulle finansieel bystaan.

“Ons is al ‘n stap nader aan genesing en wil ons weereens aan elkeen dankie sê vir die skenkings wat ontvang is sowel as elkeen se gebede.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button