Local News

Roedtan-moord: 3 beskuldiges só gevonnis

Drie mans is skuldig bevind aan die moord op Jansen van Rensburg, die plaaseienaar van Derdekraal buite Roedtan.

MOKOPANE – PROVINSIALE polisiekommissaris Lt Gen Thembi Hadebe het die skuldigbevinding en vonnisoplegging van die drie beskuldigdes in die moord op Nicci Jansen van Rensburg, deur die Polokwane Hooggeregshof verwelkom.

Lees hier: 3 Skuldig aan gru-moord op Roedtan-boer

Malesela Albert Mangena (33), Velly Segwale (44) en Lesiba Solly Segwale (44) is skuldig bevind aan die moord op Jansen van Rensburg, die plaaseienaar van Derdekraal buite Roedtan.

Die hof het gehoor hoe hy op 7 Oktober 2022 deur onbekende verdagtes doodgeskiet is. ‘n Saak van moord is by die Roedtan polisiestasie aangemeld en die dossier is toegeken aan speurdersersant Mooka, wat onverpoosd saam met kollegas gewerk het om te verseker dat geregtigheid geskied.

Die drie verdagtes is verlede Vrydag deur die Hooggeregshof in Polokwane skuldig bevind en soos volg gevonnis:

• Aanklag 1: sameswering om moord te pleeg – sewe jaar gevangenisstraf.

• Aanklag 2: moord – lewenslange gevangenisstraf.

• Aanklag 3: roof met verswarende omstandighede – lewenslange gevangenisstraf.

• Aanklag 4: besit van vuurwapens sonder lisensie – 10 jaar gevangenisstraf.

• Aanklag 5: besit van ammunisie sonder lisensie – 10 jaar gevangenisstraf.

• Aanklag 8: roof met verswarende omstandighede – 15 jaar gevangenisstraf.

Die hof het gelas dat die vonnisse wat opgelê is op die verskeie aanklagte gelyktydig met aanklag twee uitgedien sal word.

“Hierdie vonnisoplegging sal dien as ‘n afskrikmiddel vir diegene wat oorweeg om betrokke te raak by misdaad,” het Hadebe gesê en bygevoeg dat sy hoop en glo dat hierdie vonnis afsluiting vir die slagoffer se familie sal bring.

Die VF Plus het ook die vonnisse verwelkom.

Regter Marisa Naudé-Odendaal het in haar vonnisuitspraak uitgewys dat plaasmoorde ‘n werklikheid is in Suid-Afrika en dat dit nie as ‘n gewone moord beskou kan word nie weens die gepaardgaande brutaliteit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button