Local News

Mokopane-moordsaak: Borg word geweier

Johann Hattingh (38) is in die vroeë oggendure doodgeskiet na hy die vorige aand saam met vriende uit was.

MOKOPANE – Die moordsaak waarin Johan de Vos aangekla is van die skietdood van Johann Hattingh (38) op 13 Februarie vanjaar, en sedertdien in aanhouding is, hervat op 4 Julie.

Hattingh is in die vroeë oggendure doodgeskiet na hy die vorige aand saam met vriende uit was.

Lees hier: Geliefde Mokopane inwoner Johann Hattingh tragies oorlede

Volgens ‘n bron na aan die ondersoek het Hattingh en De Vos vroeg die volgende oggend besluit om iets te gaan eet.

Die opsporingstoestel in Hattingh se bakkie toon dat die voertuig in Thabo Mbeki-rylaan gery het, voor dit links in De Klerkstraat gedraai het.

Naby die kruising met Van Heerdenstraat het die bakkie weer links gedraai.

Volgens inligting het hier verskeie skote geklap en oomblikke later het die voertuig teen ‘n boom tot stilstand gekom.

Die polisie is na die toneel ontbied, waar hulle Hattingh steeds in sy bakkie aangetref het.

De Vos is op 21 Maart in hegtenis geneem, na ‘n polisie-ondersoek.

Hy is aanvanklik van mansslag aangekla, maar die klag is later na moord (skedule ses) verander weens ‘n vals verklaring van ‘n beweerde kaping wat hy aan die owerhede gemaak het.

De Vos het aansoek gedoen vir borgtog, maar die hof het dit herhaaldelik uitgestel weens voortgesette ondersoeke. Op 6 Junie het De Vos onskuldig gepleit, maar borg is geweier. Die landdros het bevind dat sy lewe moontlik in gevaar is en dat hy as ‘n vlugrisiko beskou word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button