Local News

Iets vir almal, en nog meer by Ons Tuiste basaar

Dit was weer tyd vir Ons Tuiste ouetehuis se jaarlikse basaar en soos die gebruik is daar heerlike ontbyt bedien.

POLOKWANE – Laatslaap was Saterdag nie vir die inwoners van Ons Tuiste Ouetehuis beskore nie, met die reuk van pannekoek en vetkoek wat reeds van vroeg in die lug gehang het – dit was weer tyd vir die ouetehuis se jaarlikse basaar en soos die gebruik is daar heerlike ontbyt bedien.

Terwyl party basaargangers oor ‘n koppie koffie en boereontbyt kuier, het ander die stalletjies verken.

Die plante-, groente- en witolifanttafels was baie gewild en die boekwurms kon hulle verlustig in die verskeidenheid boeke wat teen baie lae pryse te koop was.

Vir die kinders was daar ‘n skattejag waar hulle plastiekeendjies op die terrein moes soek in ruil vir pryse. Daar was ook ‘n springkasteel waar hulle kon spring. ‘n Paar vroue het hulle hekelpen en -gare saam geneem en vir die liefdadigheidstafel gehekel.

Ander stalletjies het houtwerk, speserye, badsout, juwele en skilderye verkoop, en selfs gebak, ingelegde produkte en gebreide items.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button