Limpopo boeregemeenskap vat hande na verwoestende brande
In die Dendronomgewing het sowat 15 plase deurgeloop, en is ongeveer 8 000ha weiding verwoes.
POLOKWANE – Die verwoestende veldbrande wat die Polokwane-omgewing en plase buite Dendron die afgelope naweek geteister het, het gemeenskappe saamgesnoer toe boere en vriende van heinde en ver met helpers, brandslaners, water en verversings opgedaag het om te help waar moontlik. Twee spuitvliegtuie is ook ingespan om water nader aan die vlammehel te bring.
Op die buitewyke van die stad is groot verwoesting gesaai toe ‘n brand wat in die omgewing van Hoër Landbouskool Kuschke ontstaan het en in ’n oostelike rigting versprei het, gebiede soos Palmietfontein agter die silikonsmelters en die munisipale wildtuin getref het.
‘n Groot gedeelte van die plantegroei in die munisipale wildtuin het verbrand maar dit was nie duidelik of daar enige wild geraak is nie.
In die Bloedrivier-gebied is sowat 5 000ha weiding afgebrand en op die plaas Weltevrede by Myngenoegen, is 800ha vernietig en ongeveer 250 beeste verloor.
Die brande is volgens DA raadslid in die Polokwane Munisipaliteit, Johan Retters eers teen middernag Sondag onder bedwang gebring.
Retters, wat saam met kollega Mariëtte Pretorius ingespring het om die skenkings wat by die brande afgelewer is, te versprei, het sy dank uitgespreek teenoor inwoners, besighede en die Moslemgemeenskap wat eet- en drinkgoed vir die vuurvegters afgelaai het.
In die Dendronomgewing het sowat 15 plase onder hewige veldbrande deurgeloop en is ongeveer 8 000ha weiding Sondag verwoes.
‘n Brand wat Donderdag uitgebreek het, het reeds ongeveer 5 000ha weiding verwoes.
Kuddes vee is sonder weiding gelaat en boere en werkers wat gepoog het om die brande te keer, is ernstig beseer. ‘n Boer het van sy bakkie afgeval en ‘n buurman is met ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem.
Volgens CT van der Merwe van Al3 Boerdery, het die brand op die Inderkerken stamgrond onstaan en uit geskille tussen die stamme wat aldaar gevestig is, voortgespruit.
‘n Video op Al3 Boerdery se Facebook blad.
Die brand het na naburige plase versprei en ook ‘n gedeelte van Al3 Boerdery se grond verwoes. Volgens Van der Merwe is die 85 jaar-oue huis wat vir vyf geslagte die tuiste van die Blofieldfamilie was, totaal verwoes.
Izelle Jacobs van die Pietersburg Distrikslandbou-unie (DLU) het beklemtoon dat boere meer pro-aktief moet wees.
“Om lede beter toe te rus, het die Pietersburg DLU oor die laaste twee jaar reeds vuurvegters en blasers aangeskaf en onder sy lede versprei. TLU SA Limpopo het verlede week tydens sy konferensie naby Marken die nuwe toep, ‘Map de Fire’, bekendgestel met sprekers Willem Crause en Koos du Plessis,” sê Jacobs en verduidelik dat die toep boere help om inligting oor brande, beskikbare toerusting, waar water is ensovoorts te deel en sodoende vinniger en meer doeltreffend te reageer. Dié voorval beklemtoon weereens die belangrikheid van samewerking en paraatheid in tye van nood, veral in die droë seisoen waar die gevaar van veldbrande altyd groot is,” beklemtoon Jacobs.