Local News

Ivydale inwoners spring self in om paaie te herstel

Inwoners van die Ivydale landbouhoewekompleks spring nou self in om instandhouding op die grondstrate in Wyk 22 self te doen.

POLOKWANE – Inwoners van die Ivydale landbouhoewekompleks het nou moed opgegee met die Polokwane Munisipaliteit wat, ondanks herhaalde versoeke, geen aandag gee aan die onderhoud van die grondstrate in Wyk 22 nie en spring nou self in om instandhouding te doen.

Een van die knelpunte is Ridgestraat wat ná ‘n reënbui onbegaanbaar is en swaar verkeer dra omdat dit Ivypark met Ivydale verbind en ook die hooftoegangsroete na uitbreiding 34 is.

Lees ook: Polokwane Muni faces backlash over road maintenance in Soetdorings

Plaaslike sakeman Frik Schoeman en sy vrou René se oornag- en funksiefasiliteit, Lodge Aloe-Hymn is aan Ridgestraat geleë en die Schoemans se werkspan is ‘n gereëlde gesig in die omgewing.

“Ons het nou ‘n stadium bereik waar inwoners op eie koste moet inspring om die werk te doen waarvoor die plaaslike owerheid belastinggeld invorder en die munisipaliteit is gou om teen inwoners op te tree as rekeninge nie betaal word nie, maar versoeke om paaie in stand te hou, val op dowe ore,” sê DA raadslid Mariëtte Pretorius, en voeg by dat die instandhouding van dié paaie al verskeie kere op die geïntegreerde ontwikkelingsplan (IDP) geplaas is maar daar dadels van gekom het.

Die munisipaliteit het, ondanks verskeie versoeke, nie gereageer op versoeke om kommentaar nie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button