Local News

Só sal Faan Pretorius (66) onthou word

Faan Pretorius se afsterwe laat nie net 'n leemte in sy familie se lewens nie, maar ook in die gemeenskap en besigheidswêreld waarin hy 'n bekende en geliefde figuur was.

POLOKWANE – Faan Pretorius (66), ‘n gerespekteerde sakeman en die mede-stigter van Fast Tools, is op 4 September na ‘n lang siekbed oorlede.

Sy afsterwe laat nie net ‘n leemte in sy familie se lewens nie, maar ook in die gemeenskap en besigheidswêreld waarin hy ‘n bekende en geliefde figuur was.

Faan het sy skoolloopbaan aan Hoërskool Pietersburg voltooi voordat hy by die polisiekollege aangesluit het, waar hy as speurder gedien het.

Sy loopbaanpad het hom later na Bolt and Nut gelei, en uiteindelik tot die stigting van Fast Tools saam met Roelf Venter meer as drie dekades gelede.

In 1997 het Faan die alleeneienaar van dié onderneming geword.

Fast Tools het onder sy leiding nie net gegroei nie, maar ook ‘n handelsnaam geword wat met vertroue en kwaliteit geassosieer word.

Klante het hom leer ken as meer as net ‘n sakeman. Hy was ‘n vriend, ‘n mentor, en vir sommiges selfs ‘n vaderfiguur.

Faan was getroud met Hannelie en saam het hulle twee kinders, Amanda van Onselen en Stefan Pretorius.

Amanda is met Nico getroud en Stefan met Monique.

Die egpaar was ook trotse grootouers van vyf kleinkinders: Mishka en Stefan Pretorius, en Denike, Cara en Sion van Onselen.

Buite die besigheidswêreld was Faan ewe tuis op sy geliefde Harley Davidson.

Hy was ‘n trotse lid van die Harley Davidson Club en in sy jonger jare ook ‘n kranige rugbyspeler.

Sy kinders onthou hom as ‘n liefdevolle, standvastige pa wie se wysheid, bemoedigende woorde en lewensvreugde ‘n groot impak op almal gehad het.

“Daar bestaan nie woorde om my pa, Dad, te beskryf nie. Ek kon nie vir ‘n beter rolmodel gevra het nie. Pappa was my alfa en my omega,” vertel Stefan.

Monique, Stefan se vrou, deel ook: “Dankie vir die yster wat Dad was, ‘n voorbeeld vir soveel. ‘n Wyse man met trots en liefde. Dankie dat jy my Dad was vir 15 jaar en vir jou rol as oupa vir ons kinders.”

Amanda beskryf haar pa ‘n legende.

“Jesus se liefde het deur Daddy geskyn. Wat ‘n voorreg om hom my pa te kon noem. Sy nalatenskap sal vir altyd in ons harte voortleef.”

Haar man, Nico, voeg by: “Rus in vrede, Pa Faan. Jou wysheid en liefde het blywende spore in my lewe gelaat.”

Sakevennote, vriende en kennisse het hom beskryf as ‘n man van integriteit en nederigheid en ‘n entrepreneur met ‘n diep liefde vir sy familie en ‘n opregte omgee vir ander.

Sy invloed strek veel verder as die besigheid. Hy het mense se lewens aangeraak met sy menswees.

Hannelie se afskeidswoorde lui: “My liefste man. ‘Forever in my heart.’ Jy sal vir ewig deel van my lewe wees. Dankie vir jou liefde, jou menswees, jou wonderlike nalatenskap. Vir jou het ek bitter lief.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button