Local News

Osies kroon Mnr. en Mej. Oosskool

Mnr. en Mej. Oosskool 2025-finaliste het liefdadigheidsprojekte gelei wat leerders die waarde van teruggee geleer het.

By Oosskool leer leerders om nie net altyd te ontvang nie, maar ook terug te gee – nie noodwendig items nie, maar ook tyd.

Met die jaarlikse Mnr. en Mej. Oosskoolkompetisie word die hele skool betrek om aan ander, wat minder as hulle het, te gee.

Twee leerders uit elke gr. 7-klas word gekies as finaliste, en dié twee kry dan ‘n graadgroep wat saam met hulle werk om die projekte wat aan elke finalispaartjie toegeken is, te ondersteun.

Mnr. en Mej. Oosskool, Mia di Somma en Jandré Burger saam met die verteenwoordigers van die wen projek, Chané de Beer en Carin Meintjes (Ons Tuiste, bestuurder).

Die finaliste vir 2025 was:

• William Robinson en Lumé Heinlein het saam met die gr. 1’s die Tough Living with Cancer (TLC) saal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal gehelp.

• Sebastian Malan en Truandie Bekker het saam met die gr. 2’s na die SAVF Martha Hofmeyr tehuis omgesien.

• Rikus van Heerden en Aingeal Flaherty het saam met die gr. 3-groep die kleuters by Small Beginnings se lewens makliker gemaak.

• Jandré Burger en Mia di Somma het saam met die gr. 4’s vir Ons Tuiste Ouetehuis se Shamley huis, ‘n nuwe baadjie aangetrek.

• Elrich de Waal en Lanica Brand en die gr. 5-klasse het Eeufeeshuis as projek gekry.

• Rossouw Roux en Jo-Ané Pieterse het met die hulp van die gr. 6-groep die babas by Ngwana Babahuis bederf.

• Marcel Kriel en Lisa Pieterse en die gr. 7’s het by die DBV betrokke geraak.

Die finaliste is reeds in Mei aangewys en hulle projekte moes teen 29 Augustus voltooi wees. Die take wat verrig is, sluit in plante plant, tyd deurbring by die babas en bejaardes, speel met siek kinders en ander kleuters, geboue verf, en herstelwerk aan geboue, opritte en voertuie.

Die Mnr. en Mej. Oosskool wenners: Lanica Brand, Jo-Ané Pieterse, Mia di Somma, Jandré Burger, Rossouw Roux en Sebastian Malan.

Elkeen van die finaliste is dit eens dat die projekte hulle oë oop gemaak het vir mense wat nie so bevoorreg soos hulle is nie en dat die ervaring baie lekker was:

• Wenprojek: Ons Tuiste.

• Eerste prins: Rossouw Roux.

• Eerste prinses: Jo-Ané Pieterse.

• Tweede prins: Sebastian Malan.

• Tweede prinses: Lanica Brand.

• Mnr. Oosskool: Jandré Burger.

• Mej. Oosskool: Mia di Somma.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button