Local News

Huldeblyke en herinnering by Witkruismonument

Daar is onder meer vanjaar hulde gebring aan gestorwe provinsiale VF+-leier Marcelle Maritz, vir wie die Witkruismonument na aan die hart gelê het.

MOKOPANE – Mense het Saterdag van heinde en ver na die jaarlikse Witkruismonumentplanting gekom, waar hulde gebring is aan slagoffers van plaasmoorde.

Die inisiatief het in 2004 reeds begin toe boere wit kruise langs die N1 opgerig het om bewustheid oor plaasmoorde te verhoog.

Ná besware deur die padagentskap en -owerhede is die kruise later verder teen die rant verskuif.

Op 16 Junie 2004 het sowat 300 mense byeengekom en die eerste kruise is op die plaas van die destydse eienaar, Stephan van der Walt, geplant.

Sedertdien het die belangstelling jaarliks gegroei, en die owerhede moes selfs ‘n gedeelte van die N1 tussen Mokopane en Polokwane tydelik sluit om voorsiening te maak vir die groot getalle trekkers, karre en motorfietse wat die monument besoek om hulde te bring.

Vanjaar se byeenkoms is gekenmerk deur ‘n spesiale huldeblyk van die VF Plus-leier, dr. Corné Mulder, aan die voormalige Vryheidsfront Plus-provinsiale leier, Marcelle Maritz.

Die monument was een van Maritz se grootste passies, en sy het ‘n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling en instandhouding van die gedenkplek.

VF+ leier, Dr Corné Mulder woon die jaarlikse Witkruismonumentplanting by.

Die dag is gevul met eerbied, saamhorigheid en ‘n gevoel van voortgesette toewyding om die nalatenskap van slagoffers van plaasgeweld lewendig te hou.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button