Local News

Meesters van braai gekies in Mokopane

Lecke Dux Overnight, Pub and Grill in Rabestraat het die eerste van vele Masterbraaikompetisies aangebied.

MOKOPANE – Herrike geure het verlede Saterdag die smaakkliere geprikkel in die Kameeldoringarea.

Lecke Dux Overnight, Pub and Grill in Rabestraat het die eerste van vele Masterbraaikompetisies aangebied.

Die vyf spanne, wat bestaan het uit die Mammothspan, die Tele Doorsspan, die Kaapmannetjiespan, die Bokkespan en die VF Plus-span kon elk twee deelnemers inskryf wat ‘n hoofdis met twee soorte vleis, ‘n bykos en ‘n nagereg moes voorsit aan die beoordelaars.

Die Kaapmannetjiespan: Jacques Roesch en Carey Coetzer eindig tweede.

Die disse moes voorberei word op ‘n oopvlambraai en geen voorafgekookte of voorafvoorbereide disse was toegelaat nie – alles moes in die vier ure wat voorsien is, voorberei word.

Die reëls was eenvoudig: Elke span moes sy eie braaier bring, sy eie tafel en stoele en sorg dat sy stalletjie se versiering die beoordelaars se aandag trek.

Elzabi Buek met haar pragtige stem het die kompetisie lewe gegee.

Die deelnemers is oor vier afdelings beoordeel: smaak, aanbieding, kreatiwiteit en estetiese aantrekkingskrag.

Beoordelaars Corinus du Toit, Maria du Toit en Hester van der Merwe se aandag was ook gevestig op skoon werkareas gedurende die kompetisie, of die spanne veiligheid eerste gestel het, en of die deelnemers hul mededeelnemers gerespekteer het.

Derdeplekwenners Elita Wiid en Mason Lee van die VF Plus-span sit hul dis voor aan die beoordelaars. Onder: Die Kaapmannetjiespan; Jacques Roesch en Carey Coetzer eindig tweede.

Kallie de Lange en Jakkie van Rooyen van die Tele Doorspan het met die louere weggestap, met Jacques Roesch en Carey Coetzer (Kaapmannetjiespan) wat in die tweede plek geëindig het. Elita Wiid en Mason Lee van die VF Plus-span het ‘n derde plek verower.

Die dag is afgesluit met ‘n lekker dans en kuier terwyl Elzabi Buek met haar pragtige stem die gaste vermaak het.

Beoordelaars Hester van der Merwe, Maria du Toit en Corinus du Toit.

“Dankie aan al ons borge vir julle ruimhartige ondersteuning en geloof in ons visie. Julle bydrae het hierdie geleentheid moontlik gemaak en ons gehelp om ‘n opwindende en onvergeetlike ervaring vir almal te skep. Dankie aan al die deelnemers, julle entoesiasme, gejuig en glimlagte het hierdie geleentheid werklik spesiaal gemaak. Dankie dat julle by ons aangesluit het, ons deelnemers ondersteun het en in die pret en gemeenskapsgees gedeel het.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button