Kersfees: Borg ‘n bord kos vir ‘n kind
Elke kind verdien ‘n Kersfees vol vreugde, en jy kan bydra deur ‘n gebaar soos om ‘n bord kos aan een van die Abraham Kriel-kinders te borg.

POLOKWANE – Kersfees is ‘n tyd van liefde en omgee, familietradisies, saamkuier en lekker kos geniet.
Daar is egter kinders wat Kersfees nie op hierdie manier ervaar nie, en vir wie Kersfees ‘n herinnering is aan dit wat hulle verloor het, naamlik standvastigheid en om deel te wees van ‘n gesin.
By Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom is 170 kinders vir wie hierdie nie net ‘n herinnering is nie, maar ook ‘n bewuswording van die liefde en ondersteuning wat hulle by dié kinderhuis gekry het.
Elkeen van hierdie kinders verdien dit om die vreugde van ‘n feesmaal te ervaar, terwyl hulle vrolik kan wees.
Lesers kan hierdie prentjie vir die kinders help waar maak deur ‘n bord kos aan een van die Abraham Kriel-kinders te borg.
Dié bydrae maak ‘n voedsame Kersmaal met groente, stysel en proteïene moontlik en daar word seker gemaak dat die kinders nie net met vol magies gaan slaap nie, maar ook met warm harte.
Deur net een Kersete te borg, word jy deel van iets waarlik betekenisvol: ‘n Kersfees waar geen kind in die kinderhuis vergete voel nie.
Elke donasie aan die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom verander ‘n bord kos in ‘n feesmaal van hoop.
Bankbesonderhede:
Abraham Kriel Nylstroom Fonds.
Bank: ABSA.
Tak: Modimolle.
Takkode: 632005.
Rekeningnommer: 4113 3977 88.
Verwysing: Kersete en jou selfoonnommer.
Swift-kode: ABSAZAJJ.
Stuur die betalingsbewys na admin3@akknyl.co.za.
Die selfoonnommer as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie- en databestuur, sodat ons jou kan bedank vir jou donasie.




