Local News

Wenke om die gr. 1-dag vlot te laat verloop

Die eerste dag van gr. 1 kan beide opwindend en stresvol wees. Madeleen Willemse, gr.1-onderwyser by Akademie Reformia en ma van vier, deel wenke om hierdie oorgang vir kinders én ouers gladder te laat verloop.

POLOKWANE – Groot skool: iets waarna bykans elke kind uitsien, maar wat ouers maklik angstig maak. In die dae voor die eerste kwartaal begin, voel ouers en gr.1-leerders dikwels ’n draaikolk van emosies: ’n maag wat draai, ’n knop in die keel, en soms selfs trane.

Polokwane Review het by Madeleen Willemse, gr.1-onderwyser by Akademie Reformia, gaan vra vir wenke om die dag makliker te maak:

1. Gesonde ontbyt:

“Dit is nie ’n mite nie. Kinders wat met ’n leë maag of windpap begin, kan nie eens tot 08:00 of 09:00 uithou nie. Hulle raak kriewelrig en vra voortdurend wanneer dit pouse is.”

2. Roetine:

“Kinders moet weet wat van die dag verwag word. Dit help om hulle nie oor die randjie te stuur nie, en dit is tot voordeel van ouers en leerder.”

3. Genoeg slaap:

“Gr.1-leerders moet teen 20:00 reeds geëet, gebad en in die bed wees.”

4. Huiswerkhulp:

“Skep ’n rustige, kalm atmosfeer om te ondersteun wanneer hulle oorweldig voel.”

5. Prioritiseer huiswerk, maar wees realisties:

“Die aarde gaan nie vergaan as een middag se huiswerk oorslaan nie. Maar leer hulle die waarde van daaglikse huiswerk – dit bou goeie gewoontes.”

6. Stel belang en prys deursettingsvermoë:

“Die klein suksesse soos klanke, lees of eenvoudige wiskunde lyk dalk eenvoudig, maar dit is harde werk vir ’n gr.1-leerder.”

7. Speel saam:

“Kinders word gou groot. Moenie enige geleentheid misloop om hulle kindwees te koester nie.”

8. Gesonde kosblikke:

“Koekies vol suiker, gaskoeldrank of sjokoladesmeerbroodjies maak dit moeilik vir kinders om na pouse te konsentreer.”

9. Rapport:

“Moenie dat bekommernis oor punte die kans steel om hierdie kosbare jaar saam met jou kind te geniet nie. ’n Goeie grondslag is belangrik, maar geen gr.1-punte gaan universiteitstoelating affekteer nie.”

10. Geniet dit saam:

“Dis dalk ’n cliché, maar hierdie jaar gaan binne ’n oogwink verby.”

Polokwane Review nooi ouers om hul Gr. 1-foto’s met ons lesers te deel en saam die feesviering van die eerste skooldag te beleef.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button