Local News

Mokopane-gesin dankbaar vir Dezi se 2de kans op normale lewe

Vandag gaan dit baie goed met Dezi. Haar liggaam het die nier aanvaar en die borrelende tiener het weer na vore getree.

MOKOPANE – Vir Dezaray van Huyssteen (11), beter bekend as Dezi, het 2025 op ‘n hoë noot geëindig.

Dezi het op 28 Junie 2024 haar eerste dialise ontvang, waarna die lewe vir haar en haar ouers, Basie en Makkie, een uitdaging na die ander geword het. Namate die jaar gevorder het, het haar dialise-ure toegeneem tot meer as 12 uur per dag. Teen daardie tyd het sy slegs 6% nierfunksie gehad.

Makkie vertel dat die hele gesin getoets is as moontlike skenkers, maar sy, Basie en Dezi se ouer suster is om verskeie redes afgekeur. Uiteindelik is haar broer, Armand (24), goedgekeur as skenker. Die volgende wagtyd – vir ‘n finale operasiedatum – was vir die gesin emosioneel uitmergelend.

Op 30 September het Dezi se jarelange droom waarheid geword. Sy en Armand is terselfdertyd teater toe geneem. Die spanning was groot, maar die uitslag nóg groter toe die operasie suksesvol verloop het. Vandag gaan dit baie goed met Dezi. Haar liggaam het die nier aanvaar en die borrelende tiener het weer na vore getree. Volgens Makkie kan hulle haar skaars byhou, sy eet goed en is voortdurend aan die beweeg. Voor die operasie het Dezi slegs 29kg geweeg en haar kreatinienvlak was op 1 479. Drie dae ná die operasie het dit tot 37 gedaal.

Dezi van Huyssteen in die hospitaal na ‘n nieroperasie.

“Dit was een wonderwerk na die ander,” sê Makkie. “Toe sy uit die teater kom, het sy dadelik begin urineer. Dit was vir ons ‘n ongelooflike oomblik.”

Hoewel Armand ná die operasie ‘n terugslag beleef het en weer in die hospitaal beland het weens ‘n virale infeksie en gewigsverlies, het hy nooit moed opgegee nie. Vandag is hy terug by die werk en geniet dit om sy sussie weer vol energie te sien. “Dezi kan nou ‘n normale lewe lei. Sy mag enigiets eet, behalwe gemorskos,” sê Makkie met ‘n glimlag. “En met groot trots kan ek aankondig dat Dezi Woensdag haar skoolloopbaan by Compass Academy of Learning hervat het.”

Die gesin het hul opregte dank uitgespreek teenoor almal wat hulle ondersteun het, deur skenkings, gebede en emosionele bystand.

“Uit ons harte sê ons dankie aan elke liewe mens. Ons het vriende gemaak wat familie geword het. ‘n Baie spesiale dank gaan aan Anglo Platinum Mogalakwena Myn en Jacaranda se Good Morning Angels-span. Sonder julle sou ons finansieel nie deurgekom het nie.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button