Community galleriesLocal News

Andru: ‘Baie kilometers en ‘n duisend-en-een-dinge’

Oud-Osie en voormalige Affie-hoofseun Andru van Zyl het die land aangegryp met sy 35-dae-rit vir kankerbewusmaking – van Polokwane tot in Kaapstad.

POLOKWANE – “‘n Duisend en een dinge”, is presies waaraan Andru van Zyl (18) die afgelope 35 dae op sy roete na die Kaap gedink het.

Andru, met sy koel koeimotiefhemp en fietsrybroek het die roete Kaap toe aangepak met die oog daarop om bewusmaking vir kinderkanker te skep.

Hy was deel van The Choc Cows, alledaagse Suid-Afrikaners wat hul passies in fondseinsameling omskep.  Choc (Childhood Cancer Foundation South Africa), ondersteun gesinne van kinders wat met kanker of lewensbedreigende bloedafwykings gediagnoseer is – van die tyd van diagnose af tot die kind in remissie is of, in sommige gevalle, tot die kind sterf.

Andru van Zyl aan die begin van die 35 dae per fiets. FOTO: Lamps on Wheels.

Andru het op 16 Desember uit Polokwane vertrek en gister (22 Januarie) sy bestemming in Kaapstad bereik. Dié reis het behoorlik die land se verbeelding aangegryp, en hy sê hy het ongelooflike mense ontmoet.

“My perspektief op mense en hoe hulle dink, het verander. Terwyl die mense saam met my gery het, het ons gesels en ek het baie stories gehoor.”

Met 2 800km km agter die rug, slaag hy nou ‘n van verligting. Met dankbaarheid in sy hart, veral vir sy ma, het hy die einde bereik en kan hy terug kyk na die avontuur.

Andru van Zyl vat ‘n oomblik om na die uitsig te kyk. FOTO: Lamps on Wheels.

“Ek het oor die algemeen nie reuse verrassings gehad nie, behalwe waar die beeste of bokke in die pad gestaan het en nie wou beweeg nie. Ek het eendag om ‘n draai gery en toe staan daar ‘n bees. Ons het vir mekaar geskrik en hy het begin rondspring, amper bo-op my. Daar was ook motors wat onverwags om draaie gekom het.”

‘n Fout wat hy sê hy wel gemaak het, “was om nie voor die tyd aan die fiets gewoond te raak nie”.  “Ek het ook nie die toerusting voor die tyd so verpak dat dit nie sou raas terwyl ek ry nie.”

Andru van Zyl herstel sy fiets se wiel. FOTO: Lamps on Wheels.

Hy sê die moeilikste dag wat hy beleef het, was die roete tussen Graaff-Reinet en Jansenville.

“Dit was 40°C en dit was ‘n  sinkplaatpad. Dit was fisies moeilik. Ek het nooit daaraan gedink om op te hou ry nie, maar wel gedink dit is nie meer lekker nie. Dit was elke dag ‘n uitdaging om weer op die fiets te klim, aangesien dit so ‘n lang reis was.”

Elke stukkie moeilik het tog wel ‘n belonging ook, soos die uitsig naby Patensie waar Andru bo-op ‘n berg gestaan en uitgekyk het oor die kloof waar die mis gehang het en aan die anderkant van die berg, was die see, vertel hy.

Hy is ook baie dankbaar vir die mediadekking vir sy groter bewusmakingsdoel. “Die mediadekking en reaksie wat ek langs die pad gekry het, is belangrik aangesien ek dit juis vir bewusmaking gedoen het. ‘n Tannie het vir my gesê ek weet nie wat hierdie bewusmaking vir hulle beteken het nie. Dit het weer betekenis gegee aan wat ek doen.”

Taryn Seegers, kommunikasiekoördineerder by Choc, verduidelik kortliks die ondersteuning wat dié organisasie bied: “Ons voorsien verblyf naby behandelingsentrums, vervoer na en van hospitale, maaltye, emosionele en psigososiale ondersteuning, opvoedkundige hulp en praktiese leiding. Ons fokus is daarop om hindernisse te verwyder sodat gesinne op wat die belangrikste is, hul kind se behandeling en welstand, kan konsentreer.”

Een van Choc se huidige uitdagings is om die groeiende vraag na dienste te hanteer namate meer kinders gediagnoseer word. Om stygende bedryfskoste met volhoubare befondsing te balanseer, terwyl ondersteuning oor alle streke heen verseker word, bly ’n voortdurende taak.

Belangstellendes wat by Choc wil betrokke raak of skenkings wil maak, kan Taryn Seegers by taryn.seegers@choc.org.za kontak.

Andru se fondsinsamelingpoging kom tot ‘n einde aan die einde van Januarie, en jy kan steeds ‘n bydrae maak – besoek gerus die volgende webtuiste: https://www.givengain.com

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button