Merensky en PHS blink uit in Interhoër-geeskompetisie
Dirigente en sanggroepe sorg vir hoë energie by die Soutpansberg Interhoër, met Merensky Landbou Akademie wat koning kraai.
POLOKWANE – Vanjaar se dansgroepe en dirigente het die Soutpansberg Interhoëratletiekbyeenkoms op ‘n hoë noot afgeskop.


Van meet af was die skole geesdriftig met luide sang en vurige danspassies, eie aan elke skool se tema.
Die dirigente het eerste gespog met wat in hulle steek waarna hulle die leiding geneem het en sanggroepe voorbereide sang en hul krete aan beoordelaars moes voordra.


Merensky Landbou Akademie stap met die geesbeker weg terwyl Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Frans du Toit met die tweede en derde plek onderskeidelik tevrede moes wees.
PHS se dirigente ontvang die trofee vir die beste opkoms terwyl Lourens Swanepoel as beste seundirigent aangewys is.


Beste meisiedirigent is Alissa Venter van Merensky.
Frans du Toit stap weg met die trofee vir beste voorbereide lied terwyl Merensky as beste dirigentgroep koning kraai.


Klik hier en herleef die opwinding met nog foto’s van die dag se hoogtepunte.



