Local News

Anuska (15) herstel; aktiewe selle bly uitdaging

Anuska Deyzel (15) herstel ná ’n lewensreddende breingewasoperasie, maar verdere behandeling is nodig om aktiewe gewasselle te behandel.

POLOKWANE Anuska Deyzel (15) het op 23 Februarie vanjaar ‘n lewensreddende operasie ondergaan om ‘n hoëgraadse, kwaadaardige breingewas, naamlik ‘n anaplastiese talamiese oligodendroglioom (graad 3), uit haar brein te verwyder.

Die gewas, wat diep in haar brein geleë is, het vinnig gegroei en ernstige komplikasies veroorsaak.

Die operasie was suksesvol en Anuska is vinnig na haar eie kamer oorgeplaas. Volgens haar ma, Natanya, was daar min behandelingsopsies beskikbaar, maar om op te gee was nooit ‘n opsie nie.

‘n Geldinsamelingsveldtog is van stapel gestuur om die R600 000 vir behandeling oorsee in Turkye in te samel, en binne enkele dae is die volle bedrag bereik.

Aktiewe selle bly ná operasie

Alhoewel die operasie sonder komplikasies verloop het, het verdere toetse getoon dat dele van die gewas wat nie uitgesny kon word nie, steeds lewendig en aktief is.

Volgens Natanya se suster, Monique van Geyn, wat familie en ondersteuners op hoogte hou, sal hierdie aktiewe selle nou met bestraling en chemoterapie behandel word.

“Volgens die dokters het alle prosedures sonder komplikasies verloop en hulle het ook ‘n spinale dekompressie gedoen,” sê Monique.

“Ongelukkig is daar steeds aktiewe gewasselle in die area, en hierdie selle versprei. Dit is hoekom verdere behandeling nodig is.”

Anuska Deyzel na die operasie.

Gespesialiseerde bestraling en voortgesette sorg

Die aanvanklike plan was 10 sessies van gewone bestraling, wat ‘n groter area behandel maar minder presies is.

Omdat Anuska reeds bestraling ontvang het, het dokters egter besluit op stereotaktiese radioterapie (SBRT), wat die gewas baie presies tref in net vyf sessies, sonder om te veel skade aan die omliggende brein te doen.

“Die SBRT laat hulle toe om net die presiese plek van die gewas te behandel,” verduidelik Monique.

Sy sê die gewas sal ook vir genetiese toetse gestuur word om mutasies op te spoor wat spesifieke medikasie kan rig.

Soms word geen mutasies gevind nie, en soms is daar medikasie beskikbaar, maar soms nog nie.

Vooruitgang en herstel

Monique deel goeie nuus oor Anuska se herstel: “Sy is merkwaardig. Sy reageer goed; as ons haar byvoorbeeld vra om haar linkerbeen op te lig, doen sy dit.

“Sy kry gereelde fisioterapie, en ‘n onlangse EEG-toets het getoon dat haar brein geen epileptiese aktiwiteit toon nie.”

Anuska Deyzel.

Ondanks die uitdagings, toon Anuska se vordering die krag van haar deursettingsvermoë en die ondersteuning van haar familie.

Die komende behandelingsessies is noodsaaklik om die aktiewe selle te beheer en haar kanse op herstel te verbeter.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button