HPP leerder begin DBV Engelprojek vir hawelose diere
Elahné Duvenhage van Hoërskool Piet Potgieter loods die DBV Engelprojek om huise vir hawelose diere te vind en steun vir die DBV te werf.
MOKOPANE – Trotse Pottie en Landsdiener, Elahné Duvenhage het onlangs die inspirasie gekry om ‘n verskil te maak.
Sy het ‘n projek by Hoërskool Piet Potgieter (HPP) op die been gebring wat die DBV gaan help, genaamd die ‘DBV Engelprojek’.
Projek fokus op aanneming van diere
Die projek gaan help om aanneemhuise te vind vir hawelose diere.
Hoe die Engelbord werk
“Op die ‘Engelbord’ gaan daar foto’s van die diere geplaas word, asook inligting rondom die aanneemproses.
Die bord gaan gereeld opgedateer word,” vertel Elahné.
Bestaande ondersteuning vir DBV
Nog ‘n trotse Pottie en Landsdiensdiener, Daniélle Botes het reeds met behulp van haar Liefdadigheidsorganisasies, ‘Destinee Foundation’ die DBV ondersteun.
Tekorte by die DBV
Tans het die DBV ‘n groot tekort aan persoonlike toerusting, tuin en skoonmaak toerusting asook skryfbehoeftes.
Gemeenskap word gevra om te help
HPP en die landsdiensgroep doen ‘n beroep op die publiek om die projek te ondersteun en waar moontlik is, ‘n bydrae te lewer.
Soos ‘n Pottie Ambassadeur se leuse sê, ‘It’s cool to be kind!’.




