Local News

Snoei, voeding en lig: Kundige deel vrugteboomwenke met tuinbouklub

Henk Meyer het praktiese raad gedeel oor vrugtebome, snoei en behoorlike versorging daarvan, tydens lede se onlangse tuinbouklubvergadering.

POLOKWANE – Henk Meyer van Malan Seuns het lede van die Pietersburg Tuinbouklub onlangs toegespreek oor vrugtebome en hoe om dit behoorlik te onderhou vir optimale vrugteproduksie.

Hy het beklemtoon dat die versorging van vrugtebome nie net oor estetika gaan nie, maar oor die bevrediging om self vrugte te kan oes.

“Almal van ons wil altyd self die vrug van die boom af pluk. Dit is geesvervullend om dit te kan doen, en daarom moet ons na ons vrugtebome kyk,” het hy gesê.

Vier kernbeginsels vir gesonde vrugtebome

Meyer het verduidelik dat die hoofdoel van snoei is om groter en beter vrugte te verkry, en het vier kernbeginsels uitgelig: gebalanseerde kunsmis, korrekte snoei, optimale watergewing en effektiewe bestuiwing deur bye.

Volgens hom is daar ook vier basiese riglyne wanneer bome gesnoei word: dooie takke moet verwyder word, asook takke met siektes, beskadigde of gebarste takke, en takke wat kruis.

Twee belangrike snoeimetodes

Hy het twee hoof snoeimetodes verduidelik. Die eerste is die V-vorm, waar die middel van die boom oopgemaak word om lig in te laat. Hierdie metode word algemeen gebruik vir perske-, appelkoos- en nektarienbome.

Die tweede metode is die sentrale leiersnoei, waar ’n enkele sterk stam gehandhaaf word met sytakke wat na buite groei. Hierdie metode word gebruik vir appel-, peer- en sitrusbome.

Voeding en plantsiektes

Meyer het ook die belangrikheid van behoorlike voeding beklemtoon en verduidelik dat grond in Afrika dikwels arm is en kunsmis nodig het, wat in mikro- en makro-elemente verdeel word.

Hy het gewaarsku teen algemene plantsiektes en plae, en gesê tuiniers moet oplet vir simptome soos verwelkende blomme, geel blare en poeieragtige lae op blare.

Watergewing bly deurslaggewend

Ten slotte het hy lede aangeraai om water eerder in die oggend toe te dien en handsproeiers te gebruik.

“Daar is net twee redes waarom ’n plant doodgaan: te min water of te veel water,” het hy afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button