Warmfees ‘n treffer onder plaaslike ondersteuners
Om die las van behoeftiges minder te maak, het Martin Bester en Band, in samewerking met Jacaranda FM se Good Morning Angels en die Tafelronde Vrydagaand die Warmfees aangebied.
POLOKWANE – Verlede week was tot dusver die koudste week in die 2026-winter.
Met minimum temperature wat tot 3°C gedaal het en maksimum temperature tot 26°C gestyg het, het vele mense ‘n ekstra kombers nader getrek.




Tog is daar mense wat nie hierdie voorreg kon geniet nie, dié wat skaars kos op die tafel kan sit en dié wat elke aand hulle bed op ‘n sypaadjie moet maak.
Om die las van behoeftiges minder te maak, het Martin Bester en Band, in samewerking met Jacaranda FM se Good Morning Angels en die Tafelronde Vrydagaand die Warmfees aangebied.
KYK
Dié het by The Ranch Resort plaasgevind. Toegang tot die fees was warm komberse vir behoeftiges en diere, wat dan deur die Tafelronde versprei sal word.
Daar is 200 komberse ingesamel; The Flying Pig het R5 000 geskenk en We Buy Cars, R25 000. Algemene bestuurder van The Ranch Resort, Paul Shearer sê die aand was ‘n groot sukses.
“Dankie vir die publiek wat die geleentheid ondersteun het.” Martin het die aand afgeskop met bekende treffers, soos ‘Brannewyn’, ‘Bietjie Asseblief’ en die gewilde ‘Lilly’.





Daarna het hy en Dirk van der Westhuizen, Blink 182 se ‘All the Small Things’, gesing waarna hy Dirk aan die gehoor voorgestel het.
Die aand was nog lank nie verby nie en die gaste het tot laat nag nog saam gekuier.




