Local News

’n Nuwe hoofstuk begin: PHS-matrieks groet en gee leisels oor

Hoërskool Pietersburg se 2026-matrieks het tydens die jaarlikse Matriekvaarwel afskeid geneem en die skool se tradisies aan die volgende geslag oorgedra.

POLOKWANE – Vroeg Vrydagoggend het PHS se gr. 12-leerders en hulle ouers in die gr. 12-blok bymekaargekom, toe dit die 2026-matrieks se beurt was vir die skool se jaarlikse Matriekvaarwel.

‘n Boodskap vir die toekoms

Die eerste item op die agenda was die hoofleiers, Pieter Jordaan en Amoré Duvenhage, wat hulle afskeidsbriewe aan die skool voorgelees het en dit daarna in die tydkapsule geplaas het.

Hiermee is die gr. 12-blok amptelik aan die gr. 11-leerders oorhandig, waarna Pieter en Amoré hulle groep na die skool se vierkant vergesel het.

Nuwe leiers neem oor

Die skoolvaandel word amptelik oorhandig: Pieter Jordaan (hoofleier 2026), DB Riekert (hoofleier 2027), Jade Campbell (hoofleier 2027) en Amoré Duvenhage (hoofleier 2026).

Hier is die skool se verskillende simbole, die vaandel, Kardoesie en Scottie aan die hoofleiers van 2027, DB Riekert en Jade Campbell, oorhandig.

Jade Campbell, hoofleier 2027 neem Kardoesie in ontvangs vanaf Amoré Duvenhage, hoofleier van 2026.
DB Riekert (hoofleier 2027) neem Scottie amptelik in ontvangs deur die sleutel te draai. Saam met hom is Pieter Jordaan, hoofleier 2026.

Daar is verder nog afskeidsboodskappe gelewer, onder andere deur die graadvoog, Illze Malan, Pieter en Amoré.

Die wêreld wag

‘n Laaste gebruik vir hierdie groep leerders is om deur die Poort van Kennis die wêreld in te stap, en leerders het vir oulaas hulle leiers deur die poort gevolg.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button