Local News

Pietersburg Laerskool kweek liefde vir lees

Jong lesers in Polokwane is deur kinderboekskrywer Jaco Jacobs geïnspireer om die vreugde van boeke te ontdek.

POLOKWANE – Geen kind word met ’n liefde vir lees gebore nie, dit is ’n belangstelling wat ontwikkel moet word.

Hoewel dié proses reeds van jongs af kan begin, is daar steeds talle jongmense wat min of glad nie lees nie.

Lees speel egter ’n belangrike rol in ons daaglikse lewe, of ons nou ’n naambord lees, aanwysings volg of in ’n storieboek verdiep raak, ons leer voortdurend nuwe dinge.

By Pietersburg Laerskool is dit vir die personeel belangrik om leerders van vroeg af aan te moedig om te lees.

Adriaan van Jaarsveld.

Onderwyseres Odette du Preez het onlangs die gr.6-leerders opnuut aan die lees gekry.

Lees bou meer as net taalvaardighede

“Lees gaan oor soveel meer as net woorde. Dit is breinkos wat jou slimmer maak, jou leer dink en jou spelling verbeter sonder dat jy dit eens agterkom.

“Elke boek gee ons nuwe woorde wat ons in ons eie stories kan gebruik en só bou ons ons taal.

“Stories help lesers ook om ander se hartseer en blydskap te verstaan. Lees neem jou op ’n reis sonder dat jy jou huis of dorp hoef te verlaat,” het sy gesê.

Stories maak lees ’n avontuur

Die leerders het saam met die bekende kinderboekskrywer Jaco Jacobs gegil, geril, gelag en gedroom. Sy stories het hulle laat saamreis op die rug van ’n draak, bome laat klim en selfs motorfiets laat ry.

Jacobs se boeke is gewild onder jong lesers en het al talle kinders aangemoedig om meer te lees. Hy het die skool ’n paar jaar gelede besoek, en sy naam het sedertdien ’n bekende een in die skool se gange geword.

“Jaco het ’n klomp Pietie-leeswurmpies in lesers verander. Ouers, dit is belangrik om elke aand minstens 10 minute saam met jou kind te lees. Dit is die beste huiswerk wat daar is,” het Du Preez gesê.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button