Local NewsSensitive Content

Diewe slaan toe vir wild, kabels buite Mokopane

Verskeie diefstalvoorvalle in die Mokopane-omgewing word ondersoek nadat HPG en polisie saam opgetree het.

MOKOPANE – Die Moletlani polisie, die veediefstaleenheid en lede van die Heritage Protection Group (HPG) was onlangs een oggend om 03:00 uitgeroep na verdagte omstandighede in die Zebedielagebied. Die organisasies het ‘n voertuig voorgekeer met drie insittendes.

Wild en veediefstal lei tot arrestasies

Tydens die ondersoek is daar op ‘n groot hoeveelheid wildsvleis afgekom van drie koedoebulle en een koedoekoei, met ‘n geraamde waarde van ongeveer R150 000.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys die verdagtes waar hulle die vark met ‘n byl kap en die vleis wegdra.


“Die polisie het die verdagtes gearresteer en daar is beslag gelê op die voertuig, wat by die Moletlani polisiestasie sal bly tot die ondersoek afgehandel is,” het Hendrik Hattingh van HPG bevestig.

In nog ‘n voorval is ‘n saak van veediefstal geopen nadat ‘n vark by Elandskraal in die Marble Hall-omgewing gesteel is op 7 November.

“Volgens die kringtelevisiebeeldmateriaal het die verdagtes toegang tot die varkhokke verkry, waar hulle ‘n vark met ‘n byl doodgeslaan het. Die verdagtes het die karkas daarna uit die hok verwyder en die toneel verlaat,” aldus Hattingh.

Die Elandskraalpolisie, HPG en die veediefstaleenheid het saamgespan, die saak opgevolg en die verdagtes suksesvol opgespoor en gearresteer.

Die verdagtes is by Elandskraal polisiestasie in aanhouding tot hul voor die hof kan verskyn.

Kabeldiefstal buite Mookgophong

Maandagoggend is lede van HPG uitgeroep na ‘n perseel op die Boekenhoutspad buite Mookgophong, waar ’n voorval van kabeldiefstal aangemeld is.

Verdagtes het kabels van ‘n geskatte R750 000 gebuit.

Hattingh het bevestig dat volgens die beskikbare inligting het vier verdagtes vermoedelik toegang tot die perseel verkry en die sekuriteitskameras wat die area rondom die stoorkamer monitor, was weggedraai van die toneel af.

“Daarna is vier rolle kabel by die hek uitgerol, en ongeveer 300 meter verder het die verdagtes begin om die kabel se buitebedekking te verwyder. Drie rolle kabel was reeds skoongemaak, waarna verskeie vragte met behulp van ‘n kruiwa na die grootpad vervoer is,” het Hattingh verduidelik.

“Die geraamde waarde van die kabel is ongeveer R750 000,” het hy bygevoeg.

‘n Saak is by die polisie geopen en die ondersoek duur voort.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button