Leerders spog met hulle talent
Oosskool se atletiekbaan en -veld het gewemel van aktiwiteit op 21 Januarie tydens hulle interskole atletiekbyeenkoms.
POLOKWANE – Oosskool se atletiekbaan en -veld het gewemel van aktiwiteit op 21 Januarie tydens hulle interskole atletiekbyeenkoms.
Leerders van Noordskool, Pietersburg Laerskool, Laerskool Piet Hugo en Oosskool het opgewonde hulle veters vasgemaak om met hulle vaardigheid op die veld en baan te spog.
Oosskool se sporthoof, Johan Bekker, verduidelik dat hulle die geleentheid vir die leerders wou bied om mekaar die stryd aan te sê en te sien tot wat hulle in staat is.
“Ons het die ander skole hartlik uitgenooi om in die vriendelike kompetisie deel te neem, en ons is baie beïndruk met die talent wat ons op die veld gesien het. Die leerders het dit geniet om ‘n bietjie kragte te meet, en die atletiekdag was ook goeie voorbereiding vir die P1 skoolatletiekbyeenkoms wat voorlê,” vertel Bekker.














