PHS stel mini netbalwêreldbeker bekend
Spanne word aangemoedig om oor hulle onderskeie lande te leer, waar dit geleë is en populasie onder andere. Elke span moet 'n kreet hê waarin die land aangedui word asook klere wat die land verteenwoordig.
POLOKWANE – Die Wêreldbeker Netbaltoernooi skop later vanjaar in Kaapstad af en om netbalspelers en hulle families opgewonde te maak, word daar ‘n mini Wêreldbeker gehou.
Dit word gedoen om netbal, spanwerk, massadeelname en regverdige spel te bevorder. Daar word ook bewusmaking vir die verskillende kulture geskep.
Die spanne wat kan deelneem is o/13’s en o/15’s. Skole in elke distrik kry ‘n land om te verteenwoordig.
Die skoolhoofde en verteenwoordigers van al die skole in die stad het verlede Dinsdag by Nguni Grill ontmoet.
Hier het Elmari Craig, netbalorganiseerder, verduidelik dat elke verteenwoordiger of skoolhoof ‘n nota met ‘n land se naam uit ‘n glashouer moes trek en sodoende is die verskillende groepe ingedeel.
Wedstrydprogram:
• 8 Maart: PHS.
• 14 Maart: Tom Naudé.
• 21 Maart: PHS.
Die formaat van die wedstryd is agt minute aan ‘n kant met ‘n minuut halftyd.
Spanne word aangemoedig om oor hulle onderskeie lande te leer, waar dit geleë is en populasie onder andere. Elke span moet ‘n kreet hê waarin die land aangedui word asook klere wat die land verteenwoordig.
Hoërskole wat deelneem:
• Hoërskool Pietersburg – Uganda.
• Mitchell House College – Jamaica.
• Capricorn High School – Tonga.
• Flora Park Comprehensive High School – Engeland.
• Curro Heuwelkruin Hoërskool – Barbados.
• Noorderland High School – Sri Lanka.
• Northern Academy Secondary – Australië.
• Hoër Tegniese Skool Tom Naudé – Wallis.
• Eagle’s Nest Christian School – Malawi.
Laerskole:
• Oosskool – Australië.
• Pietersburg Laerskool – Sri-Lanka.
• PEPPS – Trinidad en Tobago.
• Laerskool Pietersburg Noord – Wallis.
• Eagles Nest Christian School – Singapoer.
• Curro Heuwelkruin Laerskool – Suid-Afrika.
• Florapark Comprehensive Primary – Jamaika.
• Pietersburg Comprehensive School – Uganda.
• Mitchell House Preparatory: Tonga.