Pieties kraai wéér koning by Interhoër
Hoërskool Pietersburg het vir die 12de agtereen-volgende jaar met die louere weggestap.
POLOKWANE – Vroeg Vrydagoggend het busse vol opgewonde atlete by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se hekke vir vanjaar se interhoër ingery.
Tommies het as die gasheerskool ander deelnemende skole, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Merensky, Hoërskool Eric Louw, Hoërskool Louis Trichardt en Northern Academy, verwelkom.
Lees meer: FOTO’S: HTS Tom Naudé speel gasheer vir uithaler-interhoërbyeenkoms
HTS-hoof Vanessa Kachelhoffer sê die skool het uit sy nate gebars van trots.
“Ons seuns het 19 goue, 16 silver en 12 brons medaljes verwerf. By HTS is daar slegs 119 atlete waarvan 40 meisies is en hulle verwerf ses goue, sewe silver en ses brons medaljes. Dit is ‘n fees om weer sanggroepe op die pawiljoen te sine. Baie dankie vir elke leerder, personeellid, ouer, borg, atleet en afrigter wat die dag moontlik gemaak het.”
PHS het vir die 12de agtereen-volgende jaar met die louere weggestap.
Aantal atlete:
• Tom Naudé: 113.
• PHS: 149.
• Northern Academy: 110.
• Merensky: 142.
• Frans du Toit: 130.
• Eric Louw: 113.
• Louis Trichardt: 110.
Uitslae:
Meisies:
1. PHS.
2. Merensky.
3. Louis Trichardt.
4. Tom Naudé.
5. Frans du Toit.
6. Northern Academy.
7. Eric Louw.
Seuns:
1. PHS.
2. Tom Naudé.
3. Merensky.
4. Louis Trichardt.
5. Frans du Toit.
6. Northern Academy.
7. Eric Louw.
Medaljes:
Goud:
1. PHS: 53.
2. Tom Naudé: 25.
3. Northern Academy: 7
Silwer:
1. PHS: 38.
2. Tom Naudé: 23.
3. Northern Academy: 10.
Brons:
1. PHS: 31.
2. Tom Naudé: 18.
3. Northern Academy: 8.
Geesbekers:
• Die kampioen van kampioene: Frans du Toit.
• Beste dirigentespan: Frans du Toit.
• Beste opkoms: Louis Trichardt.
• Beste voorbereide lied: Frans du Toit.
• Beste onvoorbereide lied: Merensky.
Rekords:
• John Ross Donovan van PHS, seuns o/16 hoogspring 1.95m.
• Kubura Abubakar van Tom Naudé, meisies o/17 verspring 5.40m.
• Zandré Jooste van Tom Naudé, seuns o/17 verspring 6.64m.
• Tricia Malungane van Tom Naudé, meisies o/15 driesprong 10.16m.
• Ignus Ferreira van PHS, seuns o/15 driesprong 12.20m.




