Onnies op die planke by PHS
Op die verhoog het die onderwysers hulle lywe akteur gehou en die storie van die Vier De Beertjies en die Groot Trek vertel.
POLOKWANE – Verlede week het op ‘n ligte noot vir Hoërskool Pietersburg se leerders, personeel en ouers begin.
Reeds van laatmiddag af het leerders en hulle ouers begin toustaan voor die skool om die beste sitplekke in die saal te kry.
Lees ook: KYK: Personeel laat Pieties skater by konsert
Op die verhoog het die onderwysers hulle lywe akteur gehou en die storie van die Vier De Beertjies en die Groot Trek vertel.
Die De Beer-familie moes plaas toe trek en dit was ‘n groot aanpassing vir almal. Op die plaas moes ma leer bak en was daar ook ‘n ashoop met ‘n lappop.
‘n Groot treffer was Mielie Senekal wat die gehoor laat skaterlag. Brendan Peyper, Jack Parrow en Snotkop het deur die aand hulle verskyning gemaak en toe Jan Jan Jan se Jan sy lyf wys, het die gehoor behoorlik gelag.
Skoolhoof, Adolf Ellis en adjunkhoof Corstiaan Vermaak, kon nie weg kom nie en moes hulle sang ‘talent’ vir die skool wys. Lisa met die Rooi Hare en Suzelle met haar doen-dit-self tassie was ook betrokke by die aanpassing op die plaas, maar op die einde het boetie beer besluit hy mis die stad te veel.




