POLOKWANE – Tjokker is reeds ‘n jarelange vriend van menige kinders in die stad en hy en sy meisiemaat.
Sonja Herholdt, het op 14 Junie by Pietersburg Laerskool se grondslagfasemaats gekuier en heerlik saamgesing en gedans terwyl lewenslesse geleer word.
Die leerders het vir Tjokker geleer presies hoe om sy tande te borsel nadat hy in die oggend opgestaan het, om eerder vrugte en groente te eet as lekkergoed, en hoe om mededeelsaam te wees.
Tussen deur het hulle liedjies gesing soos Handjies in die Lug en Stapsoldaatjie.
Mariette Kelly, organiseerder en gr. 3-juffrou, sê sy het besluit om vir Sonja en Tjokker te nooi aangesien hulle optrede baie leersaam vir die leerders is.
“Die kinders geniet dit verskriklik om na Sonja en Tjokker te kyk. Hulle leer van selfrespek, om nie te jok nie en om geduld te hê. Die vertoning is propvol lessies wat die kinders leer sonder dat hulle dit agterkom.”
Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard