Schools

Netbalafrigter ewe tuis in Engelsklas

Juffrou Linda Coetzee is ‘n kranige afrigter en onderwyser, en hou van reis.

POLOKWANE – Dit was vier jaar gelede wat Juffrou Linda Coetzee en die gr.8-netbalspelers by Tom Naudé mekaar die eerste keer ontmoet het.

Gereed vir aksie het hulle begin oefen en kort daarna het Zandré van der Vyver by hulle aangesluit as afrigter. Deur die jare het die span gegroei en vandag is hulle ‘n gedrewe eerste span wat nie terugstaan vir enige uitdagings nie.

Die span het al vele suksesstories behaal, vertel sy.

“Hulle het reeds in 2021 aan die Topskoletoernooi deelgeneem waar hulle sesde in die land in hulle ouderdomsgroep geëindig het. Hulle het verlede jaar vyfde nasionaal geëindig. Een van ons spelers is ook in die SA-span opgeneem asook in die Fast Five span.”

Die span neem deel in die Capricorn Distrik liga, en het onlangs weer gekwalifiseer vir die Limpopo kampioenskappe waar hulle tweede plek in die topskoletoernooi gekry het.

Van der Vyver is tans die hoofafrigter terwyl Coetzee nou in ‘n ondersteunende rol betrokke is.

Aangesien daar drie gr. 12-meisies in die span is, is oefentyd redelik beperk. As span oefen hulle drie keer per week, maar die spelers word ook aangemoedig om elke dag op hulle eie te oefen. Hul het n fiksheidsroetine wat hulle daagliks moet voltooi om hulle fiksheid op standaard te hou.

“Ons besef akademie moet eerste kom, voor netbal,” sê sy.

Die afrigters stel jaarliks vir hulleself en die span sekere doelwitte.

“Ons het kort- en langtermyndoelwitte. Elke speler bepaal saam met die afrigter ook individuele doelwitte vir haarself. Die dryfkrag van die span word beslis beïnvloed as die span se doelwitte behaal word. Ons vier dit ook saam met elke speler indien sy nie haar persoonlike doelwit bereik het. Elke mens wil tog voel dat sy iets in die lewe bereik het wat jou meer positief beïnvloed as enige iets anders. Opgee is nie vir hierdie span ‘n opsie nie.”

Wanneer Coetzee nie voor haar Engelsklas staan of met ‘n fluitjie op die netbalbaan nie, sou sy graag ‘n toergids wou wees.

“Ek verken graag daardie ongerepte juwele van ons eie land, en sal graag met ander wou deel. Om ‘n land te kan beleef op ‘n ander manier is ongelooflik. Om slap chips te eet, toegedraai in koerantpapier, op ‘n sypaadjie voor die beste plaaslike Kaapse kafeetjie is vir my baie meer spesiaal as om in viersterrestaurant aan te sit vir ‘n driegangmaaltyd.”

Lees meer oor Linda se Engelse klas in Polokwane Review.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button