Schools

Gr. 7-Reffies groet die skool in styl

Akademie Reformia se gr.7 klas en hulle ouers het afskeid gehou by The Duchess Tea Garden waar die gr. 6-klas hulle verwelkom het en as kelners opgetree het.

POLOKWANE – Om totsiens te sê is nie altyd maklik en lekker nie, veral as jy nie weet wanneer jy die ander persoon weer gaan sien nie.

By Akademie Reformia is die klasse klein, met die gevolg dat almal in die graad vriende is. En omdat die skool slegs ‘n laerskool is, weet die leerders in gr. 7 dat hulle volgende jaar nie weer langs hulle beste maat in die klas gaan kan sit nie.

Dus het die skool besluit om vir dié klas van sewe ‘n gemaskerde afskeid te gee.

Saterdagmiddag, kort voor sononder, het die leerders en hulle ouers by The Duchess Tea Garden bymekaar gekom, waar die gr. 6-klas hulle verwelkom het en as kelners opgetree het.

Die enigste seun in die klas, Christiaan van Tonder, het vir elke meisie ‘n roos gebring terwyl elke gas die aand agter ‘n masker kon deurbring.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button