Schools

Tommies A Capella sing die regte noot

Hul sanggroep, Tom Naudé A Capella, het reeds aan twee kompetisies deelgeneem waar hulle verskeie toekennings ontvang het.

POLOKWANE – Hoër Tegniese Skool Tom Naudé spog deesdae met sangtalent soos nog nooit tevore nie.

Hulle sanggroep, Tom Naudé A Capella, het al aan twee kompetisies deelgeneem.

“Ons groep staan bekend as Tom Naudé A Capella. Die idee was om soos ‘n sêrgroep te wees, maar ons tree eintlik soos ‘n koor op. Oral waar ons inskryf is ons Tom Naudé koor, maar ons naam is eintlik A Capella,” sê Marian Friskin, die dirigent van die groep.

Op 26 April het die groep aan die Alegretto Eisteddfod deelgeneem. Die twee soliste, Mašoto Gololo en Mpilenhle Twala, is bekroon met A+++ sertifikate wat beteken dat hulle na die volgende ronde gevorder het.

Die koor self het ‘n A+ sertifikaat ontvang en is deur na die volgende ronde wat in Pretoria sal plaasvind.

‘n Week later het die koor aan die SASCE-kompetisie in Seshego deel geneem.

Tharia Collins het die beoordelaars met ‘n Duitse liedjie betower om ‘n tweede plek in die sopraanafdeling te behaal.

Mašoto het in Italiaans gesing met Mpilenhle wat sy slag in isiXhosa gewys het. Morné Joubert sing ‘n isiZululied.

Die Tom Naudé-koor het die derde plek behaal.

Op 6 Mei het die koor by Hoërskool Pietersburg aan die Applous Koorkompetisie deelgeneem. Daar was verskillende afdelings en die Tommies het brons behaal in die ope afdeling: Gewyde sang, asook in die ope afdeling: jazz en pop.

Elmarie Swanepoel is ‘n musiekafrigter wat die Tom Naudé-koor afrig. Sy en Marian het die meeste van die liedjies wat gesing is, verwerk.

“As die kleinste koor wat dit nog reggekry het, sal Tom Naudé se skoolkoor voortgaan om die Tom Naude-vlag hoog te wapper,” sê Marian.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button