Tommies wys Nylstroom wie is die rugbybaas
Sportorganiseerder, Kobus de Meyer het gesê, “Hierdie seuns maak ons ongelooflik trots. Hulle werk hard om sukses op die rugbyveld te behaal.”

POLOKWANE – Die rugbyspanne van Hoërskool Nylstroom het Saterdag teen HTS Tom Naudé hier op die Tommies se velde in die rugbyliga deelgeneem.

Al die wedstryde is deur Tom Naudé gewen, waarvan die o/16A, o/16B, tweedespan en eerstespan se tellings almal bo 40 was.
“Hierdie seuns maak ons ongelooflik trots. Hulle werk hard om sukses op die rugbyveld te behaal,” het die sportorganiseerder, Kobus de Meyer, opgemerk.

Uitslae:
• o/14A: Tom Naudé wen 21-0.
• o/14B: Tom Naudé wen 52-0.
• o/15A: Tom Naudé wen 24-0.
• o/15B: Tom Naudé wen 24-0.
• o/16A: Tom Naudé wen 48-10.
• o/16B: Tom Naudé wen 44-0.
• Tweedes: Tom Naudé wen 48-3.
• Eerstes: Tom Naudé wen 41-5.



