Schools

HPP-swemmers plons vir medaljes

Swemmers van verskillende skole het van vroegoggend af die water laat spat tussen die opwarmingsessies en die amptelike kompetisie.

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se swemspan het onlangs aan die Limpopo topskolegala in Tzaneen deelgeneem en ‘n algehele vierde plek behaal.

Die meisiespan behaal ‘n derde plek en die seunspan ‘n vierde.

Swemmers van Hoërskool Merensky, Ben Viljoen, Pietersburg, Piet Potgieter, Ben Vorster, Frans du Toit en Stanford Lake College het van vroegoggend af die water laat spat tussen die opwarmingsessies en die amptelike kompetisie.

HPP skitter met 38 medaljes, 14 goud, 16 silwer en agt brons.

Foto’s: EL Prinsloo

Stephanie Dannhauser verbeter die 100m rugslag meisies o/15-rekord, en verower ook twee goue en een silwer medalje.

Die ander uitblinkers vir die dag was Carla Dannhauser met drie goud en een silwer, Carlia Nel met ‘n tweede en derde plek, Carmi Schoeman met drie goue medaljes en twee silwer medaljes, en Henco du Toit met ‘n tweede en derde plek.

Henro van der Walt behaal ‘n goud, twee silwer en ‘n brons medalje. Jakkie Botha swem ‘n goue en silwer medalje los; Keanke Nel behaal twee silwer medaljes, Lianka du Toit swem twee brons medaljes los en Micke Prinsloo ook twee goud.

Petri Grobler swem vier silwer medaljes los. Die seuns o/14-span wat uit Kian Lloyd, Marlo van der Walt, Nathan Potgieter en Petri Grobler bestaan swem ‘n derde plek los in die 200m vryslagaflos.

Die o/15-meisiespan wat bestaan uit Stephanie Dannhauser, Zané Neethling, Micke Prinsloo en Carla Dannhauser behaal ‘n eerste plek in die 200m vryslagaflos en ‘n eerste plek in die 200m wisselslagaflos.

Henco du Toit, Pieter Bezuidenhout, Damian du Toit en Jayden Mostert van die seuns o/15-span behaal ‘n derde plek in die 200m vryslagaflos.

In die 200m wisselslagaflos behaal die o/14-seunspan ‘n tweede plek.

Dié span bestaan uit Kian Lloyd, Jon-Paul van der Nest, Nathan Potgieter en Petri Grobler. Die o/15-seunspan wat bestaan uit Henco du Toit, Pieter Bezuidenhout, Damian du Toit en Johan Krafft behaal ‘n derde plek in die 200m wisselslagaflos.

HPP is baie trots op die swemmers met hulle pragprestasie en wens elkeen geluk.

Die skool bedank ook spesiaal vir Awie Hattingh vir sy afrigting, geduld en toegewydheid met HPP se swemspan.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button