Schools

Hoe lyk jou kleuter se skool-toe-tyd wêreld

Linda Kruger van Osieteddies beklemtoon die belangrikheid van emosionele sekuriteit, roetines en spel in die keuse van die regte kleuterskool.

POLOKWANE – Om jou jong bondeltjie by ‘n kleuterskool of dagsorgsentrum in te skryf, is dikwels ‘n gevoel wat ‘n pa of ma se keel laat toetrek. Daar is so baie opsies, en saam met ‘n samelewing wat soveel klem lê op mylpale is dit nie aldag ‘n maklike besluit nie.

Polokwane Review het met Linda Kruger, jarelange skoolhoof by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gaan gesels oor die wêreld van die kleuter.

“In ‘n ideale wêreld – en wat kinders regtig nodig het – is om by ‘n mamma of ‘n ouer of selfs by ‘n ouma te bly totdat hulle twee jaar oud is. Diegene in die neurowetenskappe beveel aan dat hulle daar moet bly totdat hulle drie jaar oud is.”

Sy beklemtoon die belangrikheid van stabiele, liefdevolle sorg en emosionele veiligheid as die basis vir ‘n stewige fondasie en doelgerigte breinontwikkeling.

“Emosionele geborgenheid is ook krities vir die vorming van sinaptiese verbindings in die brein. Ons weet wel dat die realiteit dikwels anders lyk. Weens finansiële omstandighede, of selfs ambisie, word ‘n mamma dikwels genoodsaak om die arbeidsmark te betree.”

Volgens haar hoef werkma’s beslis nie skuldig te voel nie, aangesien daar fantastiese sentrums en skole is wat bedags in die kind se behoeftes kan voldoen in ‘n veilige, stimulerende omgewing waar baie liefde, ondersteuning en geleenthede vir groei is terwyl mamma werk.

“Tye het verander, en kinders het kleuterskole vroeër ouderdomsgewys nodig as wat voorheen die norm was. Daar bestaan tientalle goeie redes waarom kleingoed by versorgingsgroepies of kleuterskole afgelaai kan word. ‘n Goedgeorganiseerde kleuterskool bied ‘n gestruktureerde dag vol bekende roetines, wat kinders help om sekuriteit en stabiliteit te ervaar. Deur ‘n voorspelbare daaglikse roetine, weet kinders wat om te verwag, wat vir hulle ‘n gevoel van beheer en emosionele sekuriteit gee.”

Spel is een van die kragtigste maniere waarop kinders leer, vertel sy.

“By ons kry kinders die geleentheid om saam met hul maats te speel en sosiale vaardighede te ontwikkel. Die interaksie met ander kinders help hulle om vaardighede te ontwikkel soos om te deel, om te wag, en om kommunikasie te beoefen, wat alles kritieke boustene vir emosionele intelligensie is. ‘n Kleuterskool van formaat beskik oor opgeleide personeel wat die korrekte soort leer- en speelgeleenthede bied.”

Dit sluit volgens haar onder andere in kuns- en musiekaktiwiteite, fisiese buitespel, en selfs vroeë wetenskap en wiskunde, wat alles aktiwiteit is wat kinders help om hulself kreatief uit te druk, hul motoriese vaardighede ontwikkel, en belangstelling in leer kweek.

“Die ideale dagsorg- of kleuterskoolomgewing moet ‘n plek wees waar kinders veilig en geborge voel. Dit beteken veilige speelareas, sowel as sensitiewe, geduldige personeel. Kleuterskole gee kinders die kans om onafhanklik en selfstandig te ontwikkel, wat op sy beurt weer ‘n gevoel van selfdoeltreffendheid en trots by kinders kweek.

“Daarom is die doel van goeie kleuterskole en dagsorgsentrums spesifiek ontwerp om kinders emosioneel te ondersteun deur middel van gestruktureerde aktiwiteite en professioneel opgeleide personeel.”

Die eintlike vraag is dus nie net op watter ouderdom ‘n kind skool toe moet gaan nie, maar eerder waar en by wie kleuters moet tuisgaan om hul emosionele gesondheid en hul menswees te bevorder.

Om ‘n veilige en liefdevolle omgewing te kies, is die sleutel tot ‘n stewige emosionele fondasie wat vir kinders later sal dien as ‘n gesonde basis vir verdere leer en sosiale verhoudings.

“Onthou, elke gesin se situasie is uniek, en daar is nie ‘n regte of verkeerde antwoord wat vir almal sal werk nie. Die belangrikste is om ‘n besluit te neem wat jou kind se emosionele veiligheid en geluk ondersteun, terwyl jy ook jou gesin se behoeftes in ag neem,” sluit sy af.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button