Schools

Top Solidariteitpryse vir PHS

Hoërskool Pietersburg het eretoekennings ontvang as een van die Top 20 skole in ekonomie landswyd en as die top Afrikaanse skool in Limpopo.

POLOKWANE – Personeel en leerders van Hoërskool Pietersburg is onlangs by die Solidariteit Skole-Ondersteuningsentrum se Meriete-toekenningsfunksie vereer vir hulle harde werk.

Die funksie is op 7 Februarie by die Centurion Teater gehou.

Die skool het eretoekennings ontvang as een van die Top 20 skole in ekonomie landswyd en as die top Afrikaanse skool in Limpopo.

PHS se hoof, Adolf Ellis, sê die skool het ‘n trofee ontvang vir beide die aantal en persentasie universiteitstoelatings asook die slaagsyfer.

“’n Toekenning soos hierdie is ‘n waardevolle erkenning van die harde werk en toewyding van ons leerders en onderwysers. Dit bevestig nie net die hoë akademiese standaarde wat ons as skool handhaaf nie, maar beklemtoon ook die effektiewe onderrigmetodes en gefokusde benadering wat ons volg om leerders te ondersteun in hul akademiese groei. Dit is ‘n duidelike aanduiding van ons skool se toewyding in alle fasette van akademiese prestasie. Ons is trots op die prestasies wat reeds behaal is. Ons streef daaraan om akademiese uitmuntendheid in alle vakke te bevorder.”

Karlien Malan is aangewys as die beste gr. 12-onderwyser in rekeningkunde, terwyl Corstiaan Vermaak die toekenning ontvang het as beste gr. 12-onderwyser in wiskundige geletterdheid.

Layla Marais en Elmien Pieterse is aangewys as die beste presteerders in geskiedenis en Kylie Campbell het die toekenning vir die beste presteerder in ekonomie ontvang.

Wilna Potgieter, ekonomie-onderwyser, sê ekonomie kan nuttig wees in die lewe as volwassene.

Lees meer: Ekonomie by PHS in SA se Top 20: Hiér is hul wenresep

“Dit gee jou die nodige vaardighede en kennis om meer ingeligte finansiële besluite te neem, wat baie voordelig kan wees in jou daaglikse lewe.”

1. Skool: Toekennings vir:
• 98.5% slaagsyfer.
• 179 uit 204 leerders slaag met toegang tot graadstudies.
• 87.7% graadsertifikaatstudies en Glastrofee (tweede) in distrik.
2. Karlien Malan: beste gr.12-onderwyser vir 2024 in rekeningkunde.
3. Corstiaan Vermaak: beste gr.12-onderwyser vir 2024 in wiskundige geletterdheid.
4. Beste presteerder in geskiedenis: Layla Marais en Elmien Pieterse.
5. Beste presteerder in ekonomie: Kylie Campbell.
Die volgende leerders is in die Top 20 in die distrik en het skootrekenaars ontvang:
• Christo Reynecke (tweede in distrik).
• Lerize van Rhyn (derde in distrik).
• Layla Marais.
• Elmien Pieterse.
• Marili Nel.
• Surika-Mari van Coppenhagen.
• Marelize Gerritsen.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button