Schools

Op die rug van ‘n bul, vlieg Mianter oor die draad

In ‘n oogwink spring Mianter op 'n bul se rug, maar voordat hy hom gemaklik kan maak, spring die bul op en met ‘n bokspring sorg hy dat Mianter deur die lug trek.

POLOKWANE – Mianter de Wet (16) stap stadig, voet-vir-voet, na ‘n enorme Chianina-bul wat rustig langs die draad lê.

Dié lê doodstil, behalwe vir die sonbesies wat skree en die bul se stert wat net af-en-toe ‘n vlieg wegwaai.

In ‘n oogwink spring Mianter op die bul se rug, maar voordat hy hom gemaklik kan maak, spring die bul op en met ‘n bokspring sorg hy dat Mianter deur die lug trek.

Daarna was selfs die sonbesies tjoepstil.

“Ek bly al my hele lewe op die plaas en het al baie daaraan gedink om op ‘n bees te ry, soos op ‘n perd. Dit was egter die eerste keer wat ek dit probeer het,” vertel hy.

Mianter is ‘n leerder aan Hoërskool Pietersburg en het saam met sy vriend, Johan Scholtz vir die naweek op die plaas buite die stad gekuier.

Hy vertel dat hulle Sondag op die plaas rondgery het toe hulle by die beeste en perde aankom.

“Johan wou perdry, maar dit het nie reggekom nie. Toe besluit hy om die perd vir ‘n bees te ruil. Hy was egter te bang om te probeer en ek het besluit ek is nie bang nie, ek sal hom wys hoe dit gedoen word.”

Johan het sy selfoon geneem en die gebeurtenis afgeneem.

Die video het binne ure op sosiale media soos ‘n veldbrand versprei, met meer as 100 000 kykers wat dié petalje wou sien.

“Ek en die bees, wat Ianko se naam het, was redelik rustig en ek was glad nie op my senuwees nie. Ek het gedink hy gaan my afgooi, maar nie so hoog dat ek oor die 2.4m draad geslinger word nie. Hy is nie mak genoeg dat ek net na hom toe kan stap en hom vryf nie.”

Behalwe vir Mianter se ego het hy geen ernstige beserings opgedoen nie.

Hy het wel Maandag na die voorval by die huis gebly omdat sy regter enkel, wat in die doringdrade vasgehaak het, eers behandel moes word. Verder het hy net baie krapplekke oor sy lyf opgedoen.

“My pa was nie op die plaas nie. Maar dit het hom kans gegee om eers af te koel, want hy was baie kwaad. My ma het my ook uitgetrap. Ek sal dit weer doen, net nie so naby aan ‘n draad nie,” erken Mianter met ‘n groot glimlag.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button